Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Bouwer Bosch: 'Soos DNS kan jy nie jou erfenis ontken nie'

Bouwer Bosch
Bouwer Bosch

Met Erfenisdag wat om die draai is en met al die verskillende Erfenisdag-veldtogte uit verskillende oorde kan ’n mens nie anders as om ’n klein bietjie stil te staan en aan jou erfenis te dink nie.

Nou “erfenis” is ’n vreemde konsep. Om iets te erf beteken jy kry iets sonder dat jy daarvoor gewerk het of daarvoor gevra het, goed of sleg.

Ek sien dit ’n bietjie soos ’n lucky packet. Jy weet nie wat jy gaan kry nie, soms erf jy iets waarvan jy hou, en ander kere nie. Maar jou erfenis is iets wat jy nie kan ontken nie. Dis amper ’n DNS-ding.

Ons as Afrikaners sit met ’n mooi en ryk erfenis, maar dit is ook ’n klein bietjie gekompliseerd omdat daar ’n deel van ons geskiedenis is wat ons geërf het waaroor ons nie sommer wil praat nie.

Bouwer Bosch

Ek dink nie daar is een kultuurgroep in Suid-Afrika wat sy verlede en sy erfenis so gereeld besoek en vier soos wat ons as Afrikaners doen nie, en dit is wat my so trots maak om deel van hierdie groep te wees.

’n Maand gelede het ek ’n kort musiekfliek gemaak en met die Pretoriase volkspele-groep Aandblomlaer gaan gesels oor die geskiedenis van volkspele, want dit is waar dit begin het vir my – by volkspele.

Ons hou vas aan dinge uit die verlede wat vir ons betekenis gee sodat ons kan verstaan waarheen ons op pad is. Maar deesdae wonder ek baie oor ons gedeelde erfenis as Suid-Afrikaners.

Wat is die rol en doel van ons as Afrikaners binne ons gedeelde erfenis, want ons is tog ook Suid-Afrikaners, nie net Afrikaners nie? Ons almal is besig om ’n nuwe geskiedenis vir die volgende generasie te skryf – so dit laat my wonder oor hul erfenis en wat ons vir hulle gaan nalaat.

Met die hele Clicks-debakel kan ’n mens agterkom dat ons in Suid-Afrika nog nie gemaklik is met moeilike gesprekke nie.

Die bemarkingsbestuur van Clicks moet nuwe gesigte deel maak van sy bemarkingspan en besluitnemers, want dan sou so iets nie gebeur nie. Vir die Rooipakke aan die ander kant vir wie dit ontstel het, is dit makliker om dit uit te bliksem as om dit uit te praat. Ons het dit ook gesien met die Spur-insident ’n paar jaar gelede en ons sien dit maar gereeld op video’s op sosiale media. Ons het nog ’n paadjie om te stap as dit kom by hoe ons sekere situasies hanteer.

Suid-Afrika is maar in baie opsigte nog ’n 26-jarige met bietjie van ’n drankprobleem. Maar ek wil van geen ander land en kultuurgroep deel wees nie, want waar probleme is, is oplossings, en dit is die oplossings wat my opgewonde maak, want soos ons almal nou al weet: ’n Boer maak ’n plan.

Bouwer Bosch

Nadine Gordimer (Suid-Afrikaanse skrywer wat in 1991 die Nobelprys vir letterkunde ontvang het) het voorspel dat dit sewe generasies gaan neem vir die wonde om te genees en vir dinge in Suid-Afrika om reg te kom. So tot dan moet ons maar ons sitplekgordels vasmaak, want die Azania-trein is nog skaars in die middel van sy reis na die ware reënboognasie toe. So hopelik sal ons kleinkinders se kinders eendag oor ons verlede kan gesels met empatie, deernis en begrip, en mag ons die tipe lewens lei wat vir ons agterkleinkinders ’n erfenis los vol versoening, liefde vir mekaar se eendersheid, maar ook ruimte vir dit wat ons anders maak as Suid-Afrikaners.

  • Bouwer Bosch is ’n musikant en filmvervaardiger en is ’n gasskrywer vir Die Student. Hy het BA-kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit studeer en kom ook oorspronklik van Potchefstroom af. Hy woon nou in Randburg.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

    Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.