Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Bruin mense bly altyd agter'
Romano Claassen
Romano Claassen

Dit is presies 25 jaar dat ons in ’n demokratiese Suid-Afrika woon.

Destyds in 1994 het mense gedink alles gaan verander en dat demokrasie ’n nuwe begin vir Suid-Afrika beteken. Enige trotse landsburger sou daarmee kon saamstem.

Daar is groot beloftes aan die mense van die land gemaak, maar min daarvan is suksesvol uitgevoer.

Dit maak steeds seer

Dit lyk asof Suid-Afrika agteruit beweeg pleks van vorentoe. Die seer van die verlede duur voort. Armoede, rassisme, diskriminasie, propaganda, moord, verkragting, ongewenste swangerskappe, inbrake, ensovoorts, is steeds aan die orde van die dag.

Maar wat het werklik daartoe gelei?

Wie moet die skuld dra? Diegene wat in beheer is, wat die besluite neem en die wette maak? En die swak beplanning doen?

Die land, dorpe en gemeenskappe word daagliks deur armoede in die gesig gestaar. Wie word die meeste daardeur geraak?

 LEES OOK: 'Apartheid maak nog seer'

Die bruin mense. Weens swart ekonomiese bemagtiging bly bruin mense altyd agter.

As dit by die aanstelling van personeel kom, moet daar van elke ras ’n sekere persentasie aangestel word, van wie die meeste swart mense is. Op aansoekvorms moet jy jou ras aandui en watter taal jy praat.

Maar maak dit regtig saak as ’n mens na die groter prentjie kyk?

Ras en taal bly 'n kwessie!

Ras en taal is nie meer veronderstel om ’n kwessie te wees nie, want ons lewe in ’n land waar almal veronderstel is om gelyk te wees, ongeag jou velkleur, geslag, geloof of taal.

Soveel vrae ontstaan, veral by ons jong mense. Kan Suid-Afrika as land verbeter? Kan gelykheid herstel word? Die lys gaan aan.

Dit is duidelik dat Suid-Afrika nuwe leiers nodig het. Leiers wat kan staan vir die land en die land kan regruk. Leiers wat sal verseker dat die verlede nie herhaal word nie.

Suid-Afrika is so ’n mooi land, so ryk aan geskiedenis en mooi herinneringe. Maar met die leiers wat tans in beheer is, weet ’n mens nie meer so mooi nie. Kan Suid-Afrika nog ’n land genoem word?

Suid-Afrika is so ’n mooi land, so ryk aan geskiedenis en mooi herinneringe. Maar met die leiers wat tans in beheer is, weet ’n mens nie meer so mooi nie. Kan Suid-Afrika nog ’n land genoem word?

Mense protesteer gereeld vir beter dienslewering en regverdigheid, maar al hul pogings val op dowe ore. Ons leiers luister nie. Dit het tyd geword dat die regte prosedure gevolg word om ons land weer op die been te bring. Mense moet veilig voel en gelukkig wees in Suid-Afrika.

  • Romano Austin Bradley Claassen (22) studeer onderwys aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Mowbray-kampus. Hy kom oorspronklik van Dysselsdorp, Oudtshoorn.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.