Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Cowboys don’t cry, of hoe?
Mariné du Toit.

Kom ons vat ’n trip down memory lane.

Toe jy klein was is jy geleer “cowboys don’t cry” en “princess, wipe away that frown”.

Jy het jouself só hard gemaak vir die werklikheid, want voorbereiding vir die lewe, die grootmenslewe, is nie speletjies nie. Ons is van kleins af gekondisioneer om hard te wees en nie om daaroor te praat nie, niemand gaan omgee oor jou daar buite nie. Dis jy alleen op jou eie.

Jy huiwer om dit te glo en jy probeer altyd iemand naby aan jou hê, maar ongelukkig is dit nie hoe dit werk nie. Jy besef ewe skielik almal hardloop net om iewers te kom, niemand stop en gee werklik om nie en niemand stop om te dink waarheen hulle hardloop nie. En vir ’n oomblik besef jy ook hoe jy hardloop en hoe jy nie stop nie.

Ons gaan uitkom waar ons moet wees in die lewe, dit help nie om deel te neem aan die maraton nie.

Niemand wen eintlik nie, as jy mooi daaraan dink. Vat ’n oomblik en dink daaraan hoeveel studente net in die afgelope jaar hule eie lewe geneem het en hoeveel van jou vriende selfs net aan ernstige depressie ly. 

Dis ’n sensitiewe onderwerp, en ons praat nie regtig daaroor nie want depressie is ’n siekte en ons hou nie van siektes nie, of altans dis wat ons wysgemaak word.Dit is belangrik om die emosies te hanteer voordat dit ’n gevoel van alleenheid skep wat lei tot konsekwensies waar jy nie beheer oor jou eie aksies het nie.

Hoe oorleef ons hierdie ‘dip’, depressie of emosionele wipplank?

Aanvaar dat jou situasie te veel vir jou is om te hanteer en vra vir hulp. Hou op dink niemand gaan verstaan nie, hou op dink jy is alleen en die enigste een wat so voel is jy.

Ons het mense wat ons kan vra om ons te help, om ’n positiewer uitkyk te hê op ’n situasie of omstandighede. Hoekom wag ons altyd tot op die laaste sekonde wanneer alles reeds inmekaarstort, en dan vra ons vir hulp?

Ken die mense om jou, weet wie is die person wat jou kan help wanneer jy die emosies ervaar. Ons kan nie alles “opbottel” nie. Wanneer gaan die bottel vol wees? Dis nodig om te praat oor die dinge wat ons pla. Om dit te deel, maak die las minder.

LEES OOK: Beste Cyril, ek is bang...

Dis nooit maklik om jou emosies en seer te verduidelik aan iemand anders nie, want ons is bang vir verder seerkry, maar ons moet daai een persoon identifiseer en dit moet ons “go-to person” wees.

Maak dit makliker en deel jou gevoelens met iemand, moenie wag totdat dit te veel raak nie. Dis nie altyd nodig om raad te ontvang nie, net dat iemand na jou luister, gaan dit klaar maklik maak.

Dit is belangrik om die emosies te hanteer voordat dit ’n gevoel van alleenheid skep wat lei tot konsekwensies waar jy nie beheer oor jou eie aksies het nie.

Wees bewus van jou omstandighede en jou emosies. Ja, soms is ons onseker hoekom ons werklik so voel en ons kan baie redes uitdink, maar dis belangrik om te weet wat die oorsprong van ons gevoelens is.

Dis ook belangrik om te identifiseer wat ons voel. Is dit stres, angs, hartseer? Is dit ’n aanhoudende golf van emosies wat jou verdrink? Soms as student het ’n mens meer hulp nodig as wat ’n mens werklik besef. Dis belangrik om te kyk na mense se emosionele welstand voordat dit te laat is.

Onthou om na jouself ook te kyk. Dis belangrik dat jy tyd aan jouself ook bestee, jouself leer ken en jouself net weer koördineer om te weet wat belangrik is.

Ons moet leer om limiete te stel wanneer dit by ons lewens kom. Ons moet leer om soms “nee” te sê sonder om sleg te voel.

Jy moet jouself kans gee om soms net ’n bietjie op jou eie te sit, want te veel ander mense om jou en niks tyd vir jouself nie kan ook lei tot die emosies wat jy voel.

Een uitweg

Ons het grootgeword in ’n wêreld waar ons niks probeer regmaak nie. Ons kies een uitweg en dis klaar. Ons probeer kitsoplossings en ons gryp na dinge wat ons weer laat leeg voel as dit verby is.

Ons sit met ’n generasie wat ’n diep hartseer ervaar, maar ons sit ook met ’n generasie wat nie daaraan glo om te praat wat dinge kan makliker maak nie.

Ons verloor medestudente omdat ons nie altyd die harde paaie wat hulle loop, besef nie. Ons luister met een oor en hou onsself blind vir die waarheid. Ons voel ons omstandighede is nie so erg nie en dus praat ons nie daaroor nie, maar elke nou en dan gebeur daar iets en ons laai dit maar net op ons sleepwaentjie, tot eendag wat ons nie meer kan nie.

Dis belangrik dat jy tyd aan jouself ook bestee, jouself leer ken en jouself net weer koördineer om te weet wat belangrik is.

Dis baie belangrik om na jouself te kyk, maar kyk na die mense om jou ook. As jy sien hulle gaan deur ’n moeilike tyd, tree in. Studente word deur baie druk in die gesig gestaar en dit raak soms te veel om dit alleen te probeer verwerk. Daar is mense om jou wat omgee, maak gebruik van hulle.

Ek sluit af met ’n aanhaling van C.S. Lewis: “Our emotions need to be as educated as our intellect. It is important to know how to feel, how to respond, and how to let people in so that they can help us survive.”

  • Mariné du Toit (20) studeer maatskaplike werk aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy kom van Bloemfontein.

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Kliek hier.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.