Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Cyril, help ons met geleenthede
Kaylin Abrahams
Kaylin Abrahams.

Beste Cyril,

Dit is ’n voorreg om aan u te skryf.

My naam is Kaylin Abrahams en ek is ’n intern van die premier se program vir die bevordering van die jeug in die Wes-Kaap.

Ek is bewus van al die artikels, berigte en selfs konferensies wat al gehou is oor werkloosheid onder die jeug in die land.

Hoewel u al die moontlike doen om werkloosheid onder die jeug te verminder, kan u gerus ook aandag gee aan die probleem van mense in landelike gebiede sonder internet waarop werksgeleenthede verskyn. Dié mense weet nie altyd van al die opsies nie en moet gehelp word om te kan studeer of selfs met internskappe waar hulle ’n toelae kry terwyl hulle ervaring opbou.

Daar word dikwels bepaalde eise, soos ervaring, gestel om te kwalifiseer vir sekere werke. Dit kan wees waarom baie jong mense nie eens probeer om aansoek te doen vir van die werke nie.

Ayanda Dlodlo, minister van staatsdiens en administrasie, het onlangs in ’n artikel gesê jong mense sal van aanstaande jaar af nie meer ervaring benodig om op intreevlak werk in die staatsdiens te kry nie. Almal moet daarvan bewus gemaak word.

Daar ís ongelooflike geleenthede

Voordat ek deel geword het van die premier se jeugprogram, het ek glad nie geweet daar bestaan so iets nie. Ek het by ’n familielid daarvan gehoor en dadelik aansoek gedoen.

Die jeug behoort bewus gemaak te word van die ongelooflike geleenthede wat reeds bestaan. Daarvoor is almal se hulp nodig.

Ek is daardeur en ek weet baie jong mense het geen ervaring nie. Hulle is gretig om te leer, maar kry nooit die geleentheid om hulself te bewys nie

My tyd hier is byna verby en as ’n jong mens wat die werkmag betree het, is ek aangevuur, passievol en baie optimisties. Hoewel ek dit nog steeds is, het ek ook besef die lewe is nie so maklik soos wat ek gedink het nie – veral daardie deel waar daar van jou verwag word om ’n werk te kry en onafhanklik te wees.

Die jeug behoort bewus gemaak te word van die ongelooflike geleenthede wat reeds bestaan. Daarvoor is almal se hulp nodig.

Die waarheid is dat daar nie baie werk vir jong mense soos ek is nie. Dit wat wel beskikbaar is, kan skaars genoeg betaal om my by die werk te kry en weer terug by die huis.

Ek het drome, groot drome, maar dit word soms oorskadu deur spanning en angs oor my toekoms.

Vir diegene wat nie so bevoorreg is soos ek nie, is dit baie moeilik om in die staatsdiens te kry. Dit pla my, omdat die regering altyd sê die jeug is die leiers van die toekoms.

Ek sou graag ’n beleidsverandering wil voorstel waardeur jong leiers vir die staat gewerf word, ’n manier om daardie jong leiers in ware openbare dienaars te omskep.

Groete

Kaylin Abrahams

  • Kaylin Abrahams (21) studeer fotografie deur College SA. Sy is ook 'n intern by die kantoor van die Wes-Kaapse premier. Sy kom oorspronklik van Valhalla Park, Bishop Davis. 
  • Hierdie brief is 'n inskrywing vir Die Student se Beste Cyril... kompetisie. Vir meer inligting oor die kompetisie, klik hier.
Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.