Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
DA, gaan julle nou vir my ’n posduif ook stuur?
Tarien Van der Linden
Tarien van der Linden.

Met stemdag wat op ons is, is ek seker ’n groot groep mense is steeds onseker oor waar hulle hul kruisie gaan trek. Kom ons wees eerlik: Uit die 48 partye – ja, jy het reg gelees – ken 98% van die Suid-Afrikaanse bevolking sowat vyf partye, indien nie minder nie. So, vir wie stem ’n mens dan nou?

Al wat ek met sekerheid kan sê, is dat as ek nog een SMS of oproep van ons “geliefde” Blou Party kry, gaan ek ’n opposisieparty stig (aangesien dit die 2019-trend is).

Dit raak irriterend!

So, geagte DA, bemarking is nooit ’n slegte ding nie, en as ’n enkellopende, finalejaarstudent geniet ek dit om so dan en wan aandag te kry, maar om elke dag vyf oproepe en ’n handvol SMS’e te ontvang nader dalk net die vlak van creepiness, en laat my voel asof ek deel van ’n YOU-episode op Netflix is.

Ek moet erken, ek is heel verbaas dat ek nog nie ’n posduif ontvang het wat my vertel vir wie ek moet stem nie, want met die hoeveelheid oproepe wat ek al geïgnoreer het, sou ek dink julle vermoed my telefoon is foutief.

Ek moet erken, ek is heel verbaas dat ek nog nie ’n posduif ontvang het wat my vertel vir wie ek moet stem nie, want met die hoeveelheid oproepe wat ek al geïgnoreer het, sou ek dink julle vermoed my telefoon is foutief.

Vir wie stem ’n mens as die enigste drie partye wat werklik ’n kans staan: jou (a) al telkemale maal verkeerd bewys het; (b) jou land afbrand om hul sin te kry; of (c) jou bombardeer met bemarkingsveldtogte wat jou wil dryf daarna om jou foon in die tweede genoemde party se brandende tyres te gaan gooi?

48 partye om voor te stem, maar is daar eintlik ’n party wat dit verdien om te wen?

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.