SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Die Student
Daar is hoop! Alles gaan oukei wees
Juvan Veldsman
Juvan Veldsman

Hoop. So ’n eenvoudige woord, tog ’n woord met soveel betekenis. Dis die gevoel van kinderlike opgewondenheid wat uit jou hart uit borrel. Dit is die beeld van ’n helderder atmosfeer om jou. Dit is die gedagte van: Wow! Alles gaan oukei wees.

Hoop.

Dit is wat ek vir ons land het.

Ek het onlangs as fasiliteerder gewerk op die ATKV-jeugberaad – ’n projek waar ons met ’n klomp gr. 11-leerlinge vir ’n week lank woeker om hulle toe te rus met die gereedskap om die wêreld te verander.

Dit was juis hier waar ek besef het ons toekoms is baie helderder as wat ons dink!

Is elke slegte ding nie maar eintlik net ’n geleentheid vir verbetering nie?

Ons kyk so maklik vas in al die probleme om ons. Eskom sit ons krag af, ons oudpresident steel ons geld, ons sit met ’n watertekort in die Kaap, plaasmoorde bedreig ons boerderybedryf, ons het ’n kleinskaalse oorlog in die Cape Flats. Alles is net sleg. Maar hoef dit te wees?

Is elke slegte ding nie maar eintlik net ’n geleentheid vir verbetering nie?

Dit is waar ek ons land oor 20 jaar sien – beter!

Ek sien die beloofde land van melk en heuning.

Ek sien ’n land waar rasseonrus net nie meer ’n ding is nie. ’n Land waar ons regering die beste belange van die burgers op die hart het. ’n Land van hoop. ’n Land van liefde.

LEES MEER: Oor 20 jaar wil ek kan glimlag oor ons SA

Vertroue in realistiese droom

Dit klink dalk soos ’n “hippie-happy-go-lucky”- idealistiese uitkyk, maar ek het nog nooit soveel vertroue soos nou gehad dat dit ’n realistiese droom is nie.

En dit alles begin by die jeug.

Die jeug. Die nuwe slapgat generasie. Die generasie van vrye denkers wat aangeraai word om die land te verlaat. Die nuwe “ek-is-belangriker-as-die-res”-kinders van vandag.

Dit was my persepsie ook, maar toe ontmoet ek hulle en my wêreld het verander in vier dae.

Die nuwe “ek-is-belangriker-as-die-res”-kinders van vandag.

In vier dae het my oë oopgegaan en ek het nuwe hoop gekry. Dit was so vinnig soos om te besef nie net is die jeug nié die probleem nie, maar hulle is ook die antwoord!

Tydens ons beraad staar ek my tien groeplede aan met ongeloof soos hulle die “afrosentriese aard” van ons samelewing bespreek, probleme in ons onderwysstelsel identifiseer en oplossings vir ons ekonomiese krisis vind.

My mond hang oop soos ek luister na besprekings van ons ekonomie, samelewing, politiek, onderwys en tegnologie uit die monde van 16-jariges – en ek besef dat my eie denkpatrone geensins só ontwikkel was op hul ouderdom nie. Hel, ek weet nou nog nie eens rêgtig wat afrosentries beteken nie!

Eenvoudige antwoord

My antwoord op die vraag van waar ek die land oor 20 jaar sien, is eenvoudig: Beter!

Ek sien ’n beter land, want ek weet oor 20 jaar is dit dié kinders wat in beheer gaan wees. Dié nuwe generasie. Die generasie van mense wat omgee, wat ’n verskil wil maak, wat wil veg om die wêreld ’n beter plek te maak. Die beter generasie.

Een van die leerlinge vertel vir ons sy outobiografie se titel gaan wees: “Moses 5:3 – Alles gaan oukei wees.”

Dit is dalk Bybels nie so akkuraat nie, maar dit som alles vir my so mooi op.

Alles gaan oukei wees! Daar is hoop. En dít maak my kinderlik opgewonde.

Oor 20 jaar is ek 40, en ek kan nie wag nie! Ek sien ’n land van hoop en liefde, ’n land waar ons omgee.

Oor 20 jaar is ek 40, en ek kan nie wag nie! Ek sien ’n land van hoop en liefde, ’n land waar ons omgee.

Ja, ek is dalk ’n bietjie idealisties, maar hoekom nie? Is dit nie tyd dat ons almal moet besef dat alles nie so “doom and gloom” is nie.

Kyk, moet my nie verkeerd verstaan nie, ons land is vol probleme, maar as ons aanhou vaskyk daarin, gaan ons stagneer in ons eie ellende. Kom ons werk eerder aan ’n beter toekoms. Kom ons beskou ons probleme eerder as geleenthede.

LEES OOK: Suid-Afrika, sy is ons s’n

Een van die frases wat baie gebruik is die week was Ghandi se immer-bekende “Be the change you want to see in the world”.

Ons is die jeug. Ons is die nuwe weergawe. Die beter weergawe! Die potensiële verskil wat ons generasie kan maak, is groter as dié van almal voor ons. Dit is egter ons verantwoordelikheid om hierdie potensiaal ’n werklikheid te maak.

So kom ons gaan maak die wêreld ’n beter plek, want ons kan!

Al wat ons nodig het, is hoop.

En onthou: Alles gaan oukei wees (Moses 5:3).

  • Juvan Veldsman(19) studeer Aktuariële Wetenskap aan die Noord-Wes Universiteit. Hy kom oorspronklik van Meyerton in Gauteng.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie meningstuk is deel van Die Student se rubriek-kompetisie waar ons vir studente gevra het om te skryf oor die Suid-Afrika wat hulle oor 20 jaar wil sien en hoe die jeug kan help om by dié droom uit te kom. Die kompetisie is in samewerking met die Universiteit Stellenbosch aangebied ter viering van Jeugdag.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Diestudentjeugdag  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.