Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Daar is meer goed as sleg en meer hoop as vrees!
Eduan Beukman
Eduan Beukman

In sowat 848 – 797 v.C. was daar ’n profeet met die naam Elisa, die opvolger van Elia. Hy was bekend om sy wonderwerke. Die koning van die Arameërs, wat oorlog teen Israel gevoer het, het besluit Elisa moet gevang word. Hy stuur toe baie perde, strydwaens en ’n groot leër na die dorp waar Elisa was.

Toe Elisa en die man wat by hom was, die oggend wakker word, was daar soldate oral. Elisa sê toe vir die man daar is meer aan hul kant as aan die kant van die vyand.

Hulle het gebid en toe hulle weer kyk, was die heuwels rondom hulle vol perde en strydwaens van vuur.

Waarom nou praat oor ’n Bybel-storie?

Is dié stuk dan nie vir Die Student nie? Dit is ja, en ek verduidelik graag verder.

Een Saterdagaand ontmoet ek ’n klomp ooms en tannies, onder andere ’n paar kommersiële boere. Van neute tot bloubessies en basies enigiets anders is onder die gewasse waarmee hulle boer. My ingeboude voorliefde vir die politiek laat my vra wat hulle dink van die veranderende klimaat, grondonteiening, wat van Brexit…

LEES OOK: Droogte: As ons maar kon saamstaan soos die Aussies

Die een sê toe hulle was van die eerste boere in Suid-Afrika wat hofaansoeke teen grondonteiening moes kry. En dat hulle die plase wat destyds wel met vergoeding onteien is, nou weer huur omdat die projek ná ’n klompie jare misluk het.

Genade is al wat boere het

Tussen die klimaat wat verander, genetiese manipulasie wat gedoen word om die gewasse teen hoër temperature te laat oorleef, plant en oes asook die ewige swaard van ’n korrupte regering wat net wil vat, is genade al wat hulle het: strydwaens en perde van vuur op die heuwels rondom hulle.

Een verduidelik hulle verkoop hul produkte aan die fabriek, wat dan verantwoordelik is vir die uitvoer. Die bloubessieboer moet sy gewas self uit die land kry – ’n gewas waarvan daar nou weer te veel is.

Verder hoor ek boere in Botswana kry tot 85% van hul insetkoste terug van die regering wanneer daar ’n misoes is. In Suid-Afrika word boere aangeval en hul vee word gesteel.

Verder hoor ek boere in Botswana kry tot 85% van hul insetkoste terug van die regering wanneer daar ’n misoes is.

Ondanks al die slaggate, politieke onsekerheid, misdaad en klimaatsverandering (wat maar as dieper metafoor gesien kan word vir verandering in die wêreld) kies die boere tog om elke dag wakker te wees voordat die son opkom en die dag te begin.

Sodat jy jou bloubessie-muffin en ’n vars vrugtesappie kan geniet. Of dalk selfs jou Magnum-roomys met sjokolade en neute.

Ons moet nie vrees nie

Kom ons betree die nuwe dekade met die vrede dat ons ons werk moet doen. Dat ons tussen die vyand nie hoef bang te wees nie.

Of dit nou die goor baas is wat die heeltyd skree, die diewe wat jou televisie gesteel het, die buurman se hond of dalk selfs net die vreesaanjaende onsekerheid wat ons land vandag vir ons inhou . . . Laat ons nie vrees nie.

Kom ons verset onsself teen die pessimiste wat net wil vlug en oorlog maak of afbreek – en neem standpunt in ten gunste van groei, hoop en vrede.

Ek besef die holruggeryde “2020-visie”-grappies is al oud, maar 2020-visie beteken jou visie is perfek.

Daar is oorgenoeg goed om oor te kla, maar wanneer laas het ons in die oomblik probeer wees en gekyk na hoeveel goed daar is om voor dankbaar te wees. Al is dit dan nou bloot die Magnum-roomys op ’n warm dag.

Ek besef die holruggeryde “2020-visie”-grappies is al oud, maar 2020-visie beteken jou visie is perfek.

En ek hoop dat ons almal se visie vanjaar so goed sal wees soos dié van Elisa sodat ons sal weet daar is meer van ons as hulle. Meer goed as sleg. Meer hoop as vrees.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.