Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Dankie vir die gedigte, juffrou Gouws

Young woman with hovering hair holds open book. Dr

Ek het op hoërskool die wonder van gedigte ontdek nadat my Engels-onderwyseres haar liefde en geesdrif daarvoor met ons gedeel het. Sy het elke gedig en hoe dit haar laat voel het, met ons bespreek. Sy het verduidelik dat elke woord ’n ander emosie by die leser ontsluit.

Daar was egter een gedig wat vir my uitgestaan het. Elizabeth Barrett Browning se “Sonnet XIV”, ook bekend as “If Thou Must Love Me”, het my laat besef dat woorde verskillende mense op verskillende maniere raak, maak nie saak hoe lank terug dit geskryf is nie. Woorde is stories wat in jou gedagtes saamspeel om ’n fliek te word. Dis die naakste vorm van kuns.

In hierdie gedig skryf Browning hoe haar geliefde haar nie moet liefhê oor oppervlakkige dinge nie, maar vir wie sy is. Sy skets ’n pragtige storie van veroudering en om iemand werklik vulnerable te sien.

Jean-Mare Maree Instagram
Jean-Mare Maree Instagram

In vandag se tyd is dit werklik moeilik om verlief te raak sonder om vas te kyk in die oppervlakkige. Ons weet dalk nie dat ons oppervlakkig is nie, maar op die ou end raak niemand eerste verlief op iemand se persoonlikheid nie. Ons kyk vas in mense se voorkoms of hul finansiële status. Ek is self hieraan skuldig. Snaaks genoeg kyk ek altyd eerste na iemand se tande en of dit reguit is of nie . . .

Ons almal is op een of ander manier hieraan skuldig. Gedigte, skryfstukke, meningstukke en selfs flieks herinner ons baie daaraan dat ons mense moet sien vir wie hulle is en om verby die oppervlakkige te kyk. Browning skryf, “for these things in themselves, Beloved, may be changed, or change for thee, – and love, so wrought”.

Ons onderwyseres het ons ook toegelaat om ons opinies en sienings oor verskeie gedigte te bespreek en te deel. Ek onthou nog goed dat een van hierdie gedigte ons hele klas laat dink het. Daar is baie skryfstukke wat dieselfde emosies of reaksies by mense ontlok.

In William Shakespeare se “Sonnet 18” beskryf hy iemand se oë wat in alle opsigte perfek is. Die persoon se voorkoms is nooit die fokuspunt nie. Ek dink Shakespeare wou hiermee sê dat mense nie net ’n liggaam is nie, maar dat daar agter elke gesig ’n siel is wat oneindig mooi kan wees.

Juffrou Gouws, Browning en Shakespeare is almal mense wat my daagliks inspireer om ander mense werklik raak te sien; die siel wat elkeen besit.

Die wêreld is reeds so vol lelike dinge, maar een ding wat ek vir seker weet is dat mense en hul siel nie een van hierdie lelike dinge hoef te wees nie. Dit is soms moeilik om verby hierdie oppervlakkige dinge te kyk, maar nie onmoontlik nie.

Iemand is nie ’n legkaart van 1 000 stukke wat moeilik is om aanmekaar te sit nie. Ons is eenvoudige gedigte wat uit ons eie gedagtes gevorm is. Dit is tyd dat ons ander toelaat om ons te lees, en ons te ontleed soos wat mens ’n gedig op skool ontleed.

Miskien sal ons mekaar dan werklik raaksien.

  • Jean-Mare Maree studeer BA Sielkunde met arbeidsverhoudinge aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. Sy kom van Windhoek.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

    Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.