Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Dankie vir hiérdie mans
Celiscka van Dyk
Celiscka van Dyk

Die gebeure die afgelope paar dae het Suid-Afrikaanse vroue en selfs mans bitter en met ’n gebroke hart gelaat.

Sosialemediaplatforms wemel van verhale van vroue en meisies wat die geveg teen verkragters en moordenaars verloor het.

Ek besef dit is morbied en ’n mens wil nie elke dag die dinge sien en hoor nie, maar die waarheid is dat die meeste mense nie die erns van die saak besef totdat dit met hul sesjarige dogtertjie, hul 19-jarige sussie of selfs hul ma gebeur nie.

Baie mense is dalk gefrustreerd met feministe wat bos gaan op sosiale media en al wat ’n post en quote is plaas, maar verstaan tog, dis al hoe ons kan voel ons maak ’n verskil.

Dis al hoe ons die land daarvan bewus kan maak dat ons nie van hierdie vroue mag vergeet nie en dat daar ’n einde moet kom aan die gewelddadige en onmenslike dade teen vroue en kinders.

My vriendin vertel my geskok dat sy ’n hele klomp mansvolgelinge op Instagram verloor het nadat sy op Instagram Story oor die verkragting van en moord op Uyinene Mrwetyana en later oor Amy’Leigh de Jager se ontvoering gepraat het.

Die probleem hiermee is nie die volgelinge wat sy verloor het nie, maar die mans wat nie die waarheid wou sien nie. Die probleem is dat hulle nie ’n paar berigte op iemand se Instagram wou lees nie. Dit het hulle seker geïrriteer dat sy aanhou praat het daaroor.

Die probleem is nie die geslag nie, die probleem is die denkwyse.

Maar my mens, as jy nie besef en erken dat daar ’n probleem in die land is met geweld teen vroue en kinders nie, dan is jy deel van die probleem. Die probleem is nie die geslag nie, die probleem is die denkwyse.

Die probleem is die gewelddadige dade, die probleem is die feit dat ’n verkragter voel hy het die reg om te maak net wat hy wil met ’n vrou. Die probleem is dat hy voel hy moet haar vermoor, asof dit wat hy reeds aan haar gedoen het, nie erg genoeg is nie.

Ons is dankbaar vir dié mans

Die fout lê nie by alle mans nie.

Ons kan nie almal oor dieselfde kam skeer nie en daarom skryf ek nie hierdie stuk vir die verkragters en die moordenaars nie, ook nie vir die mans wat vroue unfollow of block op sosiale media of hulle blind hou vir die situasie nie.

LEES OOK: Is ek dalk volgende?

Ek skryf vandag vir die mans wat saam met ons staan. Die mans wat saam met ons gebreek is en wat saam met ons wil soek na ’n oplossing. Ons sien julle!

Ons is so dankbaar vir julle, want julle gee ons hoop.

Dankie vir die mans wat nie bang is om iets op sosiale media te plaas nie.

Dankie vir die kêrel wat saam met sy meisie badkamer toe stap op ’n konsert of by ’n rugbywedstryd.

En dankie vir die mans wat “nee” as ’n antwoord aanvaar.

Dankie vir die boetie wat ’n ogie hou oor sy sussie en haar vriendinne in ’n kuierplek.

Dankie vir die man wat opstaan teen sy kollegas as ’n vrou in die werkplek geteister word.

En dankie vir die mans wat “nee” as ’n antwoord aanvaar.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.