Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Hoekom het ons eers water begin spaar toe die droogte kom?
Karin Rautenbach
Karin Rautenbach

Daar is iets besonders aan die reën. Snaaks genoeg is dit iets wat die droogte ons geleer het; om te waardeer hoe dit stilletjies aan ons vensters kom klop en dan roep om buitentoe te kom om te dans.

Maar vra jouself af; hoekom het dit ’n twee jaar lange droogte gevat om te besef dat die weer – wat gewoonlik net as oppervlakkige praatjies deurgaan – meer as dit is?

Wat my bekommer, is dat dit so skielik en onverwags gebeur het dat dit voel asof ons al die waarskuwingstekens geïgnoreer het.

Dalk was die probleem dat ons nie ingelig genoeg was nie of dat ons ons regtig nie ’n lewe sonder lopende water kon indink nie.

Nou goed, hopelik spaar almal teen dié tyd baie meer water en het ons uit die foute van die verlede geleer. Of het ons?

Ons sal aandag moet gee

Daagliks stap ek Victoriastraat plat en sien elke twee meter ’n leë bierblikkie of chips-pakkie langs die pad lê. Ek klim in my kar en hoor dat Eskom vir een van die wêreld se mees lugbesoedelde gebiede, Mpumalanga, verantwoordelik is.

Iemand gooi ’n sigaret in die bos en veroorsaak ’n veldbrand wat 12 huise verwoes. Duiwe vlieg oor my kop en vir ’n oomblik vergeet ek van die feit dat ongeveer 90% van die seevoëls plastiek in hul pense het.

Daagliks stap ek Victoriastraat plat en sien elke twee meter ’n leë bierblikkie of chips-pakkie langs die pad lê. Ek klim in my kar en hoor dat Eskom vir een van die wêreld se mees lugbesoedelde gebiede, Mpumalanga, verantwoordelik is.

Ons generasie, voel ek, gaan drasties meer aandag aan die wêreld om ons moet gee en al hoe ons dit gaan doen, is as ons bewus bly van wat die probleme is en wat ons daaraan kan doen.

So paar maande gelede het ek saam met ’n groep vriende Leeukop uitgeklim (’n klein stukkie advies; vat baie water saam). Dit was eers toe ons heel bo kom dat ek al die gemors raakgesien het. Sigaretboksies, ’n tandeborsel en tandepaste, ’n ou stuk lap, drankbottels, inkopiesakke en so gaan die lys aan.

Ek was verstom.

Haal hoed af

Gedagtig aan die onlangse video van twee EFF-lede wat herhaaldelik rommel uit ’n asblik gooi terwyl ’n Kovsies-student dit teruggooi, wonder ek oor ’n hele paar dinge.

Dit voel verkeerd dat mense nie dink dat daar enigiets verkeerd is daarmee om die omgewing te misbruik om ’n politieke standpunt te bewys nie.

Of dit nou is om asblikke om te gooi of geboue en motorbande aan die brand te steek, dink ek dat mense die verkeerde beeld van verantwoordelikheid teenoor ons omgewing en die respek wat ons daarvoor behoort te hê openbaar.

Ek haal my hoed af vir die student wat aangehou het om die rommel terug in die drom te gooi. Ek was tot onlangs nog baie gepla oor wat mense van my sou dink as ek op straat of op die strand ’n papiertjie sou optel om in ’n asblik te gaan gooi.

Ek haal my hoed af vir die student wat aangehou het om die rommel terug in die drom te gooi. Ek was tot onlangs nog baie gepla oor wat mense van my sou dink as ek op straat of op die strand ’n papiertjie sou optel om in ’n asblik te gaan gooi.

Ek wens ek het vroeër besef hoe dom my redenasie was.

Die snaakse ding is dat almal eintlik bereid sal wees om dieselfde te doen as ons mekaar net elke nou en dan met ons voorbeeld daaraan herinner.

Die tweede aspek is waarom dit juis so belangrik is dat ons die omgewing bo ons eie impulsiwiteit en nalatigheid stel.

Asem vars lug in

Dis maklik om aan toekomstige geslagte te dink en te besef dat hulle dalk nooit gaan weet hoe sekere seediere lyk nie of dat hulle dalk maskers sal moet asemhaal.

LEES OOK: 'Die Here seën ons elke dag met 'n pragtige begin'

Dit is egter moeiliker om te besef dat jy, baie moontlik onregstreeks, tog persoonlik bydra tot die 20 000 jaarlikse sterftes in Suid-Afrika weens lugbesoedeling.

Ons hou aan oor beurtkrag en inflasie kla.

Ek wens ons wou eerder kerm en kla daaroor dat Johannesburg 99ste op die lys van die mees lugbesoedelde stede ter wêreld is!

Dit is ons plig om ons teen fabrieke se besoedeling te beywer. Dit is ons plig om druk op die regering uit te oefen om die perke vir uitlaatgasse strenger te maak. Dit is jou plig om te besluit of jy regtig daardie plastiekstrooitjie wil gebruik.

Die waarskuwingstekens is hier. Hoe lank gaan dit vat voordat ons eendag nostalgies gaan terugdink aan hoe goed dit gevoel het om vars lug in te asem?

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.