Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Delf dieper as ‘hoekom doen regering niks’

Die land is in twee oorloë; die een is Covid-19 en die ander geslagsgebaseerde geweld
Die land is in twee oorloë; die een is Covid-19 en die ander geslagsgebaseerde geweld. Foto: Unsplash

Die land is steeds in twee oorloë. In die een oorlog veg ons teen ’n onsigbare vyand, tog word ons soldate bewapen met AK47’s.

En in die ander is ons wapen woorde wat gevul is met ’n vakuum van inwerkingstelling. Die een is Covid-19 en die ander geslagsgeweld.

Die skrikwekkende toename in die aantal vroue en kinders wat blootgestel word aan geweld, ruk my asemhaling tot stilstand.

Atang Swartbooi

Die gevolge van hierdie geweld is meestal noodlottig en vir dié wat die stryd oorleef, dwaal die ongeneeslike letsels agter hulle aan soos ’n namiddagskaduwee.

My grootste frustrasie is die vrae wat gevra word – ’n totale verkleining van vroue en kinders se gedempte snikke.

“Het mans hul gewete verloor?”

“Hoekom doen die regering niks daaraan nie?”

“Kan vroue meer doen om hulself en hul kinders te beskerm?”

Dié vrae dui op mans se onkunde oor die kwessie wat veroorsaak dat my bekommernis in snelrat gegooi word.

’n Bloedrumoer jaag deur my are as ek aan ’n vrou se waarde dink. Hul bestaan sidder van betekenis. Maar op 12 Junie 2020 het my denke my aan ’n vraag voorgestel; ’n vraag wat kan dien as die oplossing tot hierdie gruwelike soort geweld.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, wat hierop volg, is nie die gids tot die beëindiging van een van die oudste kwessies ter wêreld nie.

My bedoeling is dat dit ’n ligstraal van hoop ontketen.

As een van miljoene slagoffers, is dit moeilik om te verwerk dat ’n kwessie wat al so baie onskuldiges geëis het, steeds nie aandag kry nie.

As ’n 19-jarige man wat al drie keer oor ’n draadheining gespring het in ’n poging om te ontsnap, sukkel ek met die begrip van “waardigheid”.

As ’n 19-jarige man wat al drie keer oor ’n draadheining gespring het in ’n poging om te ontsnap, sukkel ek met die begrip van “waardigheid”.

“Wat doen jy om die situasie te red?”

Hierdie vraag het twee dinge van my vereis: Een, om eienaarskap te vat vir die foute wat die vorige generasie gemaak het en twee, om verantwoordelikheid te aanvaar oor ons toekoms.

Só het ek besluit om ’n stem te wees vir slagoffers wat nie so dapper is soos ek was om hulself oor te gee aan vryheid nie.

Ek het ’n platform begin vir jong mans om oor hierdie “sensitiewe onderwerp” te praat, want dit is óns wat die kers aan die volgende generasie moet oorhandig sodat hulle lig aan die konsepte, respek en waardigheid, kan verskaf.

In ’n poging om die vraag te beantwoord, stig ek op 12 Junie 2020 die hutsmerk #YoubeforeMe!

Ons fokus is die bewusmaking van geslagsgelykheid onder ons toekomstige mans of pa’s.

Hiermee begin ek my pleit aan jong mans: Die tyd het aangebreek vir individue om dieper te delf as: “Hoekom doen die regering niks daaraan nie?”

Plaas ’n wag voor jou gedrag, want die krag van jou denkwyses, spraakorgane, hande en voete mag nie noodlottig wees nie, maar moet eerder bou.

Die norm moet verander, want die oorlog het geïntensifiseer. Die vakuum moet gevul word met jong mans wat hul stem gebruik om die kommunikasiegapings te vul met dialoog.

Skep asem. In en uit vir drie tellings.

Besef dat wat jy sopas gedoen het, ’n voorreg is wat van baie vroue en kinders ontneem word.

Jong man, jy het die geleentheid om hoop aan ons vroue en kinders te gee.

Die vraag is: Wat doen jy om deel van die oplossing te wees?

  • Atang Swartbooi studeer by Noordwes Universiteit en sy passie is om 'n verskil in mense se lewe te maak.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie. 
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

Meer oor:  Mening  |  Suid-Afrika  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.