Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Dié 5 woorde jaag my die skrik op die lyf

“Ek is trots op jou” is seker die mees gevreesde woorde vir my. Miskien is ek vreemd, maar ek hou nie daarvan om hierdie woorde te hoor nie. Dit maak my net so, so bang.

Bang dat trots in ’n oogwink vervang kan word met “ek is teleurgesteld in jou” en bang dat ek onder die druk van altyd-probeer-trots-maak gaan vou.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, dis vrek lekker om hierdie woorde te hoor, maar die bloed van my hart na my kop sing twee verskillende deuntjies wanneer iemand dit wel uiter.

Tenita Kidelo

My hart doen hierdie ding waar dit bokspring en my mond sluk skoenlappers wat in my maag fladder.

Maar dan onthou my kop skielik wat my ouma altyd gesê het: “ ’n Mens moenie te gou verlief raak op woorde nie,” en dan skop als vas en ek word kwaad.

Ek word kwaad vir myself en kwaad omdat ek niemand glo wanneer hulle sê hulle is trots op my nie.

“Jy gee jouself te min krediet,” het iemand eenkeer breëbors vir my gesê.

Ek wou nie cocky klink en sê weet jy dis nogal die reine waarheid nie, maar dit is.

Ek gee myself nie genoeg krediet nie, ek glo ook boonop nooit dat ek so goed is soos wat mense sê nie en ek is letterlik my grootste kritikus.

Ek voel my foute, vir dae, selfs maande soms, aaneen. Ek baklei soms met die monsters in my kop en ek raak elke nou en dan verlore tussen die mure wat ek gebou het. Maar ek leer en ek besef dat een dag se leer nie genoeg is nie, maar dat dit ’n proses is.

Ja, ek is trots op baie goed, soms te trots om jammer te sê. Hier is ek gelukkig nie die enigste skuldige nie. En dit het my lank gevat om te besef dat ons trots ons soms kluisenaar hou, selfs weerhou van baie en mooi dinge.

Wow, as ons net soms kan besef dat ons wysheid verder as ons trots strek.

Totdat Erasmus van Zyl, my rekenmeester, vir my die mooiste ding gesê het: “Ek gaan my trots in my sak steek en my wysheid uithaal.”

Ek sit by my lessenaar en ek dink: Wow, as ons net soms kan besef dat ons wysheid verder en beter as ons trots strek.

Maar jy sien, dis die ding van trots. Soms moet jy hom sluk, ander kere weer op sy naam noem en partymaal doodeenvoudig net jouself toelaat om hom te aanvaar.

Ontneem jou nie van klein oorwinnings

Die twee kilo’s minder op die skaal die week is ’n prestasie, die een sny brood minder wat jy geëet het, is great en die tree wat jy uit die bed gegee het vandag ná gister se sleg is iets om op trots te wees.

Dis ’n begin en ek dink ná ’n vreemde jaar vol nuwe reëls en regulasies kan ons almal trots wees dat ons dit ondanks alles tot hier toe gemaak het.

Moet jouself nie ontneem van klein oorwinnings net omdat jy voel dat dit nie groot genoeg is nie.

  • Tenita Kidelo het pas klaar studeer aan die Universiteit van Wes-Kaapland waar sy haar M in Afrikaanse en Nederlandse Letterkunde voltooi het. Sy is die aanbieder van die program Kompas op RSG.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie. 
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier
  • Volg ons op Instagram en Facebook

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

Meer oor:  Mening  |  Suid-Afrika  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.