Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Die ANC moet die verkiesing wen'
Jan-Harm van Helsdingen
Jan-Harm van Helsdingen.

Verkiesings was die afgelope 20 jaar vervelige affêres vir jong mense in Suid Afrika.

Daar was geen van die opwinding van die 1994- of 1998-verkiesings wat toe nog heeltemal nuut was nie.

Mense het gewoond geraak aan hul reg om te stem. Daar was geen vraag oor wie as oorwinnaar uit die stryd gaan tree nie.

Daar was geen werklike mededinging nie. Alles rondom ’n verkiesing was ’n gegewe. Een verkiesing. Een party wat saak maak. Een wenner. En dit is vandag nog presies dieselfde.

Ou beloftes en argumente

Verkiesings is vir baie mense net ’n kwessie van net weer dieselfde beloftes hoor, weer dieselfde redes hoor om nie vir ’n ander party te stem nie en weer eens dieselfde kruisie op dieselfde plek te trek.

Daar is dieselfde ou argumente wat oor en oor gevoer word. “Die DA gee net redes om nie vir ANC te stem nie en gee geen redes om vir die DA self te stem nie”. “Die ANC dryf die land in die grond in”. “Die VF+ is ’n wit organisasie wat net omgee vir wit mense”. Ons almal het al elkeen van hierdie argumente gehoor.

Die ANC sal daarna in elk geval loshande wen, die DA sleg tweede kom en die ander partye sal nie regtig ’n indruk maak nie.

En daar is tegnies niks fout met hierdie feite nie. Die verkiesings word demokraties gehou en kan altans beskou word as ’n steunpilaar van die nuwe en beter Suid-Afrika.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het die afgelope tien jaar ernstig verswak. Maatskaplike dienste is nie op standaard nie. Ondernemings besit deur die staat soos Eskom en SAL is diep in die pekel. Dit alles ligtelik gestel…

Dit is egter baie duidelik dat die ANC ’n monopolie het as dit kom by die verkiesings in ons land.

Hy is en sal altyd die party wees wat hierdie land gered het uit die absolute chaos van apartheid.

Hy is en sal altyd die party wees wat seker gemaak het dat elke mens teen wie gediskrimineer was dieselfde regte as die wittes bekom.

En as ’n jong Suid-Afrikaner, is ek uiters dankbaar vir hierdie feite. Uiters dankbaar. Maar as ’n jong Suid-Afrikaner verstaan ek ook dat dinge nie kan aanhou soos wat dit nou doen nie.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het die afgelope tien jaar ernstig verswak. Maatskaplike dienste is nie op standaard nie. Ondernemings besit deur die staat soos Eskom en SAL is diep in die pekel. Dit alles ligtelik gestel…

En ek gaan stem, ja. Ek gaan my grondwetlike reg uitoefen. Maar op die ou end is dit nie wat saak maak nie. Nie in Suid-Afrika in hierdie stadium nie.

Veral as ’n mens die maatskaplike situasie en die konteks van die land in ag neem. Want steeds bly die feit staan dat die ANC gaan aanhou wen. Met twee derdes van die stemme of nie. Hy gaan in beheer bly.

Dit is geen opsie nie

So wat nou?

Dit is hoogtyd om te besef dat die oplossing nie is dat iemand anders beheer neem nie. Niemand anders gaan dit regmaak nie. Nie die DA nie, nie die VF+ nie, nie die IVP nie en ongelukkig beslis nie die EFF nie.

Hierdie opsies is nie eers opsies nie. Hierdie partye het nie Suid-Afrika gered soos wat die ANC het nie. Hierdie partye kan nie eers kompeteer nie. Hierdie partye sal nooit op dieselfde vlak as die ANC wees in die oë van Suid-Afrikaners nie.

Swart, wit, gekleurd en enige kleur van ons reënboognasie moet saamwerk. Want dit is presies wat dit is: ons nasie. Ons verantwoordelikheid. En as die enigste manier wat ons hierdie nasie kan bou en verbeter deur middel van die ANC is, dan is dit wat ons moet doen.

Die enigste en beste opsie is dat die ANC die beheer neem. Om sy foute reg te maak. Om sy verantwoordelikheid na te kom teenoor die land. Om, in mooi Afrikaans, sy sokkies op te trek. Makliker gesê as gedaan?

Natuurlik. Maar dit is hier waar ons as jong Suid-Afrikaners inkom. Dit is ons werk om uit die afgelope 15 jaar se foute te leer en ons eie Suid-Afrika te bou.

Swart, wit, gekleurd en enige kleur van ons reënboognasie moet saamwerk. Want dit is presies wat dit is: ons nasie. Ons verantwoordelikheid. En as die enigste manier wat ons hierdie nasie kan bou en verbeter deur middel van die ANC is, dan is dit wat ons moet doen.

Dit is nie die ANC of die DA of die EFF wat hierdie land gaan red nie. Dit is ons, die mense van Suid-Afrika.

Of ons as jong mense hierdie verantwoordelikheid gaan aanvaar, hang net van ons af.

  • Jan-Harm Van Helsdingen (19) studeer BCom regte aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is 'n inwoner van Simonsberg-manskoshuis en kom van Pretoria waar hy aan Hoërskool Menlopark gematrikuleer het.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie artikel is ‘n inskrywing vir Die Student se kompetisie oor die verkiesing. Lees die ander inskrywings hier.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.