Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Die avontuur van ’n hartbreek'

Bianca Burger
Bianca Burger

“Die avontuur van ’n hartbreek.”

Hoe ironies dat dit juis een van sý gunstelingliedjies van die groep Straatligkinders is – die een wat my hart gebreek het nadat hy hoeveel keer belowe het ek is veilig by hom – belowe het dat my hart veilig is by hom.

Ek sit en staar na die titel van die liedjie en dink by myself: Hoe kan juis dit, die breek van ’n hart, ’n avontuur wees? Dit is iets wat seer is en jou tot in jou diepste wese raak. Dit is iets wat veroorsaak dat jy jou waarde en die invloed wat jy op ander het, bevraagteken. Jy bevraagteken jou bestaan. Dit laat jou wonder wie en wat jy regtig is – want hoe kan iemand sê hulle is lief vir jou en beloftes maak, net sodat jy uiteindelik kan voel jy was nie die moeitewerd vir hom of haar nie, nie goed genoeg nie.

Nadat jou hart gebreek is, sê almal altyd goed soos: “Hy was nie die een vir jou nie”, “Daar is baie visse in die see”, of vra iets soos “Is jy oukei?”

Dit maak my mal, want ek weet hy was (is) die een vir my, en ja, daar is baie visse in die see, maar hy is al een wat ek wil hê. Nee, ek is nie oukei nie! Ek het alles wat ek gehad het vir hom gegee net om te sien hoe hy háár bo my kies. En nou? Nou voel ek dood met niks in myself oor nie.

Ek sukkel om te slaap, want ek wonder wat ek verkeerd gedoen het dat my hart wéér aan die kortste ent moes trek.

Ek sukkel om met alles te deal. My hart is seer en ek voel leeg. My oë is opgeswel en rooi van al die huil. Ek sukkel saans om my aandete in te kry en praat net met my gesin en ander mense wanneer ek regtig moet.

Ek sukkel om te slaap, want ek wonder wat ek verkeerd gedoen het dat my hart wéér aan die kortste ent moes trek. Dit is moeilik om al die emosies en gevoelens te verduidelik. Ek huil wanneer ek stort sodat niemand oor my hoef te worry nie.

’n Paar dae gaan verby. Ek kyk weer na die titel van die liedjie en besef: om ’n gebreekte hart te ervaar is inderdaad ’n avontuur – ’n seer en moeilike een, maar tog op ’n manier ’n avontuur wat jou sal bevredig wanneer alles uiteindelik verby is.

Jy is sterker as wat jy dink

’n Reis begin; ’n soektog wat jy aanpak om jouself weer te herontdek en te besef wat werklik belangrik is. Jy vind langs die pad uit wie jy is, wat jy wil hê en wat nie.

Jy praat vir die eerste keer in maande hardop met God in jou kar terwyl jy langpad ry, met trane wat van jou wange af stroom en ’n bewerige stem, en vra Hom om in te gryp, want jy kan dit nie alleen doen nie.

Die avontuur help jou om te besef hoe sterk jy eintlik is – ja, jy wat gedink het jy is swak, want jy message háár om hulle net die beste toe te wens, en vra háár om hom op te pas. Jy hoop vir sý part dat hy die regte besluit gemaak het en werklik gelukkig sal wees, al is dit nie saam met jou nie.

LEES OOK: Ek is verlief op die meisie in die spieël

Jy begin van dinge hou waarvan jy nooit gehou het nie en pak dinge aan wat jy onder normale omstandighede nie sou nie, want jy het iets nodig om jou hierdeur te help. Dit is om vir hom te bid, vir sy veiligheid, toekoms, geluk en gesondheid. Dit is om weer deur al 33 208 boodskappe van julle op WhatsApp te lees, al die liedjies te luister wat hy met jou gedeel het.

Dit is om nou alles wat julle nie saam kon afmerk op julle bucket list nie, alleen af te merk – dit is deel van die proses om weer heel te word.

Meisie, as jy vanaand soos ek leeg, seer en stukkend voel, weet net jy is nie alleen nie. Die avontuur mag dalk weke of maande vat, dalk selfs ’n jaar of wat, maar moet nooit dat iemand jou vertel om net oor dit te kom nie. Wie ook al dit vir jou sê, weet nie hoe dit voel om werklik lief te hê nie.

Lig jou kop op en sit self weer jou gebreekte stukkies aanmekaar. Jy is meer werd as wat hy jou laat dink het jy is.

En ek belowe jou, dit is oukei om nie oukei te wees nie – moet net nie jouself heeltemal verloor nie!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.