Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Die dag toe die doodstyding kom

Covid

Ek het die lockdown met wankelrige bene, geklee in die amptelike uniform van ’n grys japon, ingestap met ’n kêrel aan my sy, ’n gesonde geestesgesondheid en ’n ondersteunende moeder wat die min wat sy gehad het, op ’n skinkbord vir my gegee het.

Vandag is ek ’n depressielyer, sonder ’n kêrel en ek het my moeder aan die graf afgestaan – onverwags en teen 200 km/h – alles terwyl ek my finale studiejaar aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het.

Kyk, ek was net so teleurgesteld toe ek die kampus moes verlaat en terugkeer na my tuisdorp waar die sein minder as nul is, en Wifi net iets is wat onderwysers en sake-eienaars ken. Maar ek het my nietemin tuisgemaak en was oortuig daarvan dat ek saam met my kêrel enigiets sal oorwin.

Steffani Magerman
Steffani Magerman

Soos in baie liefdesverhale, sê hy toe vir my hy het ’n blaaskans nodig, en daar verloor ek my eerste asemteug tydens lockdown. My hele wêreld verkleur na grys, met donker wolke en verbande om my gewrigte wat moet keer dat ek my polse sny.

Wat mense nie kon verstaan nie, was dat dit nie die depressie en die verlies was wat my nie meer wou laat lewe nie. Dit was die soorte pyn wat jou elke oomblik diep tref en jou dwing om uur ná uur pille te drink.

Ná mediese hulp en danksy die ondersteuning van so baie mense, het ek beter geword. Toe het my ma siek geword. Ek wou nog altyd na my ma kyk as sy eendag siek sou word, en dit was geen swaarte nie.

My geloof het my so versterk in daardie tyd, terwyl die eksamen en navorsing ook nog voorgelê het.

My ma het met dieselfde rympie volgehou, wat my oorlede pa ons geleer het: Kry net jou opvoeding en niemand sal jou so ver laat kom soos harde werk en die liewe Vader nie.

Tussen haar moegheid deur en my hospitaalbesoeke aan haar, het ons ma-en-dogter-verhouding so versterk dat ek nie my lewe sonder haar kon indink nie.

Ek het my ma die Maandag by die hospitaal gaan aflaai en weens die inperking kon ek haar nie besoek nie. Maar die Woensdag het sy buitentoe gekom en in my arms geween. Ek het my hart voel breek. Hoe kyk ’n 21-jarige haar ma in die oë met geloof as sy die lyding kan sien en voel?

Twee dae daarna het ek die doodstyding gekry, ’n begrafnis gereël want ek is al kind, en my finaal probeer groet.

Vandag is my studies my prioriteit, my enigste doel om my ma haar droom te gun. Ek sal seker nog meer hartseer wees op die dag van my gradeplegtigheid, maar ek sal weet dat alles wat sy opgeoffer het en vir my gebied het, nie verniet was nie.

  • Steffani Magerman studeer maatskaplike werk aan die Universiteit Stellenbosch en kom van Genadendal.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

    Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.