Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Die dag toe die sonsteler toeslaan
Broken Red Heart Floating on the sea with a man an

Die liedjie “Sonvanger” word al jare lank gesing en mense soos Corlea Botha en Refentse het al nuwe lewe in hom geblaas.

Dit is ’n gedig wat uit Valiant Swart se pen gevloei het na aanleiding van ’n groot verlies in sy lewe. Dit gee my hoop vir die Afrikaanse musiekbedryf, opregte lirieke gekombineer met ’n eenvoudige melodie wat genoeg los vir die verbeelding om mee rond te speel.

Alternatiewe kunstenaars soos Spoegwolf en Karen Zoid skaaf en skuur ook aan ons musiek tot so ’n mate dat die konserwatiewes onder ons ril, maar ek glo dis die soort musiek wat sal voortleef in ons taal.

Onlangs het ek weer na Laurika Rauch se innige vertolking van “Sonvanger” geluister en dit het gedien as inspirasie vir my gedig met dieselfde titel. Hier is ’n kort uittreksel:

Sonvanger, sonsteler, sonskyndief

Vir jou het ek lief

Of só het my hart my oortuig

Maar toe het jou ware kleure begin wys

Die gedig handel oor verlies, gebroke harte en misverstaande bedoelinge. Daar is verskillende soorte verlies wat ons as mensdom ervaar. Die mees opvallende is natuurlik wanneer iemand sterf. Almal sal in hul leeftyd die verlies ervaar en op verskillende maniere verwerk, hetsy om daaroor te skryf of sing. Hierdie soort pyn is die oorsprong van van die beste kunswerke en liedjies.

’n Ander soort verlies wat meestal onopgemerk deur die samelewing gaan, het meer te doen met die dood van ’n verhouding, as ’n persoon self.

’n Ander soort verlies wat meestal onopgemerk deur die samelewing gaan, het meer te doen met die dood van ’n verhouding, as ’n persoon self.

Dis die soort verlies wat ’n mens ervaar as jy al jou tyd, energie en liefde in ’n persoon instort, maar die verhouding gaan tot niet. Dis minder tasbaar en opsigtelik as die dood self, maar tog verloor jy ’n stukkie van jouself wat nie weer groei nie. Soos die lirieke van Valiant se liedjie, het hierdie stuk ook ’n somber toon.

Wat gemaak as lig (son) gesteel word en jy in die donkerte alleen moet vertoef?

My sonskyn is gesteel

Anja Steyn
Anja Steyn

Dit het met my gebeur, die sonskyndief het die son gesteel, maar nie om dit met my te deel nie. Ek het hom mooi gevra om die son weer vir my te laat skyn – maar soos die mis het hy verdwyn.

Soos jy seker teen die tyd kan aflei, my storie van verlies is die een van ’n eerste liefde wat verlore gegaan het. Ek dink wat die verlies selfs ondraagliker maak, is die feit dat die sonsteler nog iewers daar buite is, maar ’n mens kan nie net gou-gou ’n boodskappie stuur of ’n koffie drink nie, want alles is nou anders. En jy móét aanbeweeg.

Soos met enige verlies is daar verskillende fases waardeur ’n mens gaan: Eers ontken jy net die werklikheid en probeer aangaan. Dan natuurlik die woedeuitbarstings waar jy in jou kar sit en skree terwyl die trane loop, want daar hoor niemand jou nie.

Die volgende stadium word gekenmerk deur skuldgevoelens – jy wonder “wat as” en jy wonder wat jy verkeerd gedoen het in die situasie. Depressie kan ook sy kop uitsteek wanneer mense in ’n “sonlose” wêreld is. Laastens en seker die belangrikste aspek van verlies verwerk, is aanvaarding. Dis iets waarmee ek lank worstel weens die kortstondige aard van die verlore verhouding.

LEES OOK: 'Die avontuur van ’n hartbreek'

Teen dié tyd het ek al vrede gemaak daarmee dat die rebelse sonvanger nie my pasmaat is nie. Ek is op ’n plek waar ek geluk en vrede vir die ongetemde siel toewens, want ons almal soek maar ons plekkie in die son. Ek is ook dankbaar dat ’n mens wel kan groei deur die verlies in jou lewe.

In alle glorie is die geel ster weer op sy plek.

Ek sing uit volle bors weer saam met Valiant – en ek is dankbaar vir musiek soos dié wat my die geleentheid bied om uiting te kan gee aan my emosies – in my taal. As jy jouself kan vereenselwig met die gevoel van verlies, mag hierdie persoonlike stuk net weer bevestig dat die son weer sal skyn en dit groter is as die verlies wat jy ervaar in jou lewe.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.