Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Die dag toe ek besef ek is nie meer 'n student nie'

Crowd of people wearing a face mask to protect aga

Ek het uit en uit besef ek is nie meer ’n student nie. Wanneer besef ’n mens dit? Wanneer is jy nou “groot”?

Ek het aan die begin van die inperkingteruggetrek huis toe. Dit was rof en hartseer, en ek moes deur soveel emosies werk. Om ná bykans vier jaar terug te trek! Vier jaar!

Ek het my eie roetine en tye gevolg, as ek elfuur die aand wou skottelgoed was, dan het ek. Of, as ek besef die wasmasjien is eenuur die oggend beskikbaar, het ek gou ’n bondel ingegooi.

Jou ouerhuis werk anders, wasgoed sekere dae, skottelgoed gewoonlik ná ete of ons pak dit in die skottelgoedwasser.

Dis klein, simpel goedjies maar dis wat jou laat besef: “Oukei, jy kan nou nie soos ’n student lewe nie, jy moet aanpas.”

Ek was onlangs vir die eerste keer weer terug in die Kaap, of Stellenbosch, om weer my hartsmense te sien. Ek het ook in dié tyd my verjaardag saam met hulle gevier – ’n absolute fees.

Die Mont Marie-wynplaas was so gaaf om my toe te laat om hulle VIP-area vir my 22ste verjaardagpartytjie te gebruik. Dit was ’n geleentheid wat almal broodnodig gehad het.

Arné Kruger
Arné Kruger

Die tema was “Huisdans met ’n twist”. Ek het net weer besef hoeveel mense ek in my lewe het wat berge vir my sal versit – en ek vir hulle!

Ek het egter so vreemd gevoel die week wat ek terug in Stellies was. Ek het onseker gevoel oor wat om te doen, hoe om te reageer, selfs hoe om op te tree. My manier van praat was reeds anders en ek het gesukkel om weer in die stroom van “student-wees” te kom.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit was voorwaar ’n avontuur vir die boeke, maar ek het besef ek is nie meer student nie. Dat ek ander verantwoordelikhede het, ander belange, ander stres.

Ek het begin werk in die tyd net voordat ek gaan kuier het. Ek swot steeds deeltyds, maar dit maak ’n groot verskil, want ek het soveel meer op my kerfstok.

Om student wees is: “Kom ons gaan uit en stres later oor al ons probleme.” Met ander woorde: “Kom ons vee dit onder die mat in.”

Ja, jy stres oor toetse en of jy môre nog kan eet, maar nou moet ek beplan vir versekering, mediese fonds en hoe om my studielenings terug te betaal.

Ek weet nie hoe om die gevoel te beskryf nie, maar ek het wakker geword met ’n knop in my keel en net besef: “Arné jy is nou groot.”

Ek is baie lief vir al my vriende, maar ek sal eerlikwaar nie weer ’n heeltydse student kan wees nie. Akademies, ja, maar fisiek, nee. Ons moet almal die een of ander tyd die grootmenswêreld invaar. As jy bang is daarvoor, glo my, ek verstaan, maar dit moet die een of ander tyd gebeur. Ons almal het die vermoë om dit te kan doen en dit ons eie te maak.

Maak gereed vir daardie knop in jou keel, dis die moeite werd. Onthou nuwe begin, nuwe horisonne, nuwe ontdekkings.

  • Arné Kruger werk tans aan ’n nagraadse diploma in teologie aan die Universiteit Stellenbosch.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.