Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Die dag toe ek 'n geliefde aan die hemel moes afstaan'
Simoné van Schalkwyk
Simoné van Schalkwyk

Dis soms moeilik om meegevoel te hê vir iemand wat deur ’n ervaring gaan indien jy nie self daardeur is nie.

Dit was drie jaar gelede, ek het by ’n motorfietsmaatskappy gewerk en dit was die beste tyd van my lewe. Dit was ’n gewone dag soos enige ander, totdat daar ’n sjarmante man voor my kom staan het.

Ons het dadelik “gekliek” en hy was ’n ware “gentleman.” Alles was anders met hom, ek het aanvaarding en liefde by hom ontvang, hy het my selfs geleer om oor my vrees te kom vir motorfietse (ek was ’n paar jaar voor dit in ’n ongeluk saam met iemand).

Lewensveranderend

Alhoewel hy my met respek behandel het, is daar iets wat hy my geleer het wat my hele lewe verander het. Ons sal byvoorbeeld na sy huis toe ry en sonder om iets te sê, sal hy uitklim en ek sal net sien hoe praat hy met ’n vreemdeling oorkant die pad. Elke keer wat ek gevra het wat aangaan het hy gesê dat die Here wou hê hy moes help. 

Ons was altyd besig met die dinge van die Here en sonder dat ek dit besef, het hy my nader aan God gebring (dit was voordat ek myself bekeer het).

Ons was altyd besig met die dinge van die Here en sonder dat ek dit besef, het hy my nader aan God gebring (dit was voordat ek myself bekeer het).

Dit was altyd so vry saam met hom en net eendag toe sê hy vir my dat hy ons tyd saam koester, maar dat hy self nog dinge het waaraan hy moet werk en dat ons eerder ’n einde moet maak aan als.

Dit het my so te sê gebreek; ek was oortuig dat hy die een is. Nietemin, ons paaie het toe geskei en vir maande was ek baie bitter.

’n Nuwe begin

Toe ek een aand die moed kry, seker omtrent vyf maande later, toe kontak ek hom weer, dit was 12 uur die nag. Hy het my genooi om een Sondag na sy kerk toe te gaan waar hy in ‘n “band” speel.

Ek het toe gegaan en dit was aangenaam om hom weer te sien. Ek was uit my nate dat hy weer deel is van my lewe. Ons het afgespreek die volgende Sondag weer so te maak.

Ek het natuurlik gesorg dat ek my beste pakkie in my kas aantrek met die skoene wat hy die vorige Sondag gekomplimenteer het.

Ek het vir maande lank geglo dat hulle ’n identiteitsfout gemaak het en dat hy enige oomblik deur die deur gaan stap. Dit het lank geneem om te aanvaar dat hy weg is.

Toe lui my foon.

“Simonè, Lourens was in ’n ongeluk, hy het dit nie gemaak nie.”

In ’n oogwink was my lewe omgekeer. Ek het vir maande lank geglo dat hulle ’n identiteitsfout gemaak het en dat hy enige oomblik deur die deur gaan stap. Dit het lank geneem om te aanvaar dat hy weg is.

Vandag wonder ek: het God geweet dat ek uiteindelik reg is om my roeping te volg en my deur Lourens voorberei het?

Dade tel meer as woorde

Lourens se dade, nie sy woorde nie, het my gebring tot waar ek besluit het om myself te laat doop.

Ek het drie jaar se teologie agter die rug. Ek het my gawe ontdek en wil uitreik na mense. Ek vertrou God se wil en ek kan teleurstellings nou beter hanteer; dis makliker om eksamens te skryf.

LEES MEER: 'Die Here seën ons elke dag met 'n pragtige begin'

Alles is net soveel beter saam met God.

Ek voel geëerd om Lourens se “legacy” “wakker” te hou deur in sy voetstappe te volg en te luister wanneer God my roep en stuur.

Vir diegene wat ’n geliefde in die hemel het, hy weet van jou, hy is altyd by jou en hy kommunikeer steeds met jou, net op ’n ander manier.

Hou goeie moed en moenie die genesingsproses aanjaag nie, neem jou tyd.

  • Simonè van Schalkwyk (26) doen tans 'n honneurs in praktiese Teologie (Pastorale Berading) aan die Universiteit van Pretoria. Sy kom ookoorspronklik van Pretoria.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.