Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Die eindelose gejaag na 'likes'

Minimal Clip Art Collage. Pop Vector Design Compos

In hierdie tyd en era is dit die moeilikste ding om privaat te wees. Daar is dan sosiale media. Dis van Instagram na Facebook na Twitter. En deel sal ons deel, want dis wat almal doen natuurlik!

Maar sê my, hoe voel jy ná ’n dag se volgehoue deel? Deel, soos in, jy laat almal toe in jou lewe. Wat het jy daaruit gekry? Waar laat dit jou in die hele kosmos?

Ek weet vir ’n feit dat dit my in ’n stadium heeltemal verwese laat voel het. Daar was ek. Ek het storie in en storie uit op Instagram gaan sit, ek het weinig foto’s ge-post, maar sjoe, om ’n foto op te laai en te wag vir die likes om in te stroom! Was dit nou vir jou iets.

En toe gebeur lockdown.

Keliah Daniels

Ingeperk en gelaat met my eie gewete – om my te pla natuurlik. Met dae wat soos eeue gevoel het, het dit gevoel ek kan die mure uitklim. Ek meen, al wat jy het, is jou series en jou socials. Of dis wat ek gedink het. Ná ’n week se deel van alles in my lewe, het ek – genadiglik – ’n oomblik van helderheid gehad! Ek het so deur alles gekyk en net ’n “wat-de-hel-is-die-punt”-ervaring gehad!

Ek dank al die sterre wat daar is, want dit was ’n bevryding.

Ek het besluit om meer in tune te wees met myself. Want, dink jou in, wanneer laas het jy eintlik afgevat? Van alles? Ons lewe in so ’n haastige wêreld, op pad waarheen weet ek nie. En met alles wat aangaan, het niemand meer tyd vir hulself nie.

Hier is ons almal, en vir geen rede was ons aan hierdie wêreld van kompeteer en vergelyk, en net plein druk, blootgestel!

Tensy dit nie jou beroep is nie, hoef jy nie alles te deel nie. Dink ’n bietjie daaroor, jy niemand skuld regtig updates nie.

Ek wil net hê jy moet jouself afvra hoekom dit vir jou so belangrik is om alles in jou lewe daar buite te sit. Wanneer laas het jy met vriende gekuier sonder om ’n kamera in almal se gesig te druk, net om jul tyd saam op ’n storie te laai. En dit boonop met ’n filter.

Dan is daar ook die vergelykings wat gemaak word. Jy sien iemand anders se “perfekte” storie wat hulle skilder op die platform en voel ’n groot druk om dieselfde uit te beeld. Maak nie saak hoe dit jou affekteer nie. Jy sien hoogs suksesvolle influencers en maak dit jou persoonlike doelwit om ook daar uit te kom.

Intussen sit jy op jou eie potensiaal wat veel meer as ’n foto op ’n app is.

Kyk, ek klink dalk lame maar iemand moes dit sê! En dis iets wat al hopeloos te lank op my druk.

Bestee ’n bietjie tyd met jou gunsteling-mense, en ja, jy’s reg, sonder jou selfoon. Loop ’n bietjie buite rond, kyk vir ’n slag om jou en dalk sal jy ook besef hoe belaglik dit lyk. Hoe almal rondloop met ’n selfoon in die hand, en weet niks van om voor of langs hulle te kyk nie.

Fokus so ’n bietjie op jouself, dis belangrik om jouself elke nou en dan ’n ruskans te gee, want dit kan regtig nie goed vir enigiemand se geestestoestand wees om tot ses ure lank op ’n selfoon te wees nie.

Gaan vind jou nis!

Doen weer waarvoor jy lief is, lees weer asof jou lewe daarvan afhang, skilder wat op jou hart is, skryf wat in jou gedagtes is, en gaan leer daai nuwe vaardigheid wat jy al so lank wil doen.

Ek belowe jou, jy gaan niks mis op al daardie sosiale platforms nie – bly tog net op die hoogte van die nuus natuurlik!

Vrede en sterkte – jy’s in vir ’n rit!

  • Keliah Daniels studeer BA internasionale studies aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het reeds ’n diploma in kommunikasie verwerf aan die Alison Academy en is besig met ’n diploma in joernalistiek aan dieselfde akademie.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

    Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.