Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Die lewe is een lang hindernisbaan
 x
Sian Angus

Ek bevind my op ’n baie deurmekaar plek in my lewe. Dalk sal jy verstaan, want dalk doen jy ook. My kop is deurmekaar, my hart weet nie lekker wat aangaan nie en my identiteit voel asof dit bloot ’n skaduwee is wat agter my aanloop.

Ek weet nie lekker hoe om sin te maak van alles nie. Eintlik weet ek nie eens wat “alles” werklik is nie. Dis net een groot deurmekaarspul. Dis om hierdie rede dat ek met al my onkunde besluit het om hierdie artikel te skryf. Nie net vir myself nie, maar vir jou, vir wie dit dalk iets mag beteken.

Vir die eerste keer in my lewe voel ek heeltemal verlore. Ek vra myself elke dag wat die doel van die lewe is (ek het tot dusver nog nie ’n antwoord nie, jammer) en ek bevraagteken gereeld my menswees. Die afgelope paar maande was daar al dae waar ek depressief gevoel het so asof ek wou moed opgee en dan was daar dae waar ek in die oggend opstaan en so upbeat soos ’n playlist van die 1980’s voel.

Ek het al baie aande gesukkel om aan die slaap te raak en myself as gevolg daarvan 02:00 in die kombuis bevind besig om pannekoek te maak en na jazz te luister. Dan was daar al aande wat ek om 20:00 in die bed gaan klim het want dis makliker om my oë toe te maak en te slaap as om my oë oop te hou en eintlik te lééf.

Ek voel skuldig omdat ek so rigtingloos is en dat hoe meer ek rigting in die lewe probeer kry, hoe verder verdwaal ek.

Ek voel skuldig omdat ek so rigtingloos is en dat hoe meer ek rigting in die lewe probeer kry, hoe verder verdwaal ek. Ek voel skuldig omdat ek besef dat die lewe ’n geskenk is, maar dat ek nie weet wat om daarmee te maak nie. Ek neem myself kwalik omdat ek soms die tyd om wens, omdat iets so eenvoudig soos om te leef vir my soos ’n groot uitdaging voel.

Soms voel die lewe asof dit een lang hindernisbaan is. Daar is ’n klomp hindernisse in die pad, waarvan jy bo-oor moet klim en jou hoogtevrees moet konfronteer en dan moet jy weer handeviervoet onderdeur ander klim. Maar op hierdie hindernisbaan is daar egter plek-plek ’n oop stuk gras waaroor jy moet hardloop voordat jy weer voor die volgende hindernis te staan kom. Dit is wanneer ons oor hierdie oop oppervlaktes beweeg wat ons vir ’n oomblik moet stilstaan en asemhaal en dankbaar wees vir dít wat ons alreeds oorwin het, voordat ons weer die lewensbaan aanpak.

LEES MEER: Dis okay om nie altyd okay te wees nie...

Waar ek myself nou in die lewe bevind voel ek baie onfiks en baie uitasem. My bene is seer en my oefenklere is vol modder. My tekkies het ’n was nodig en my hare is windverwaaid. Ek weet egter dat dit net tydelik is, want een van die dae gaan die hindernisse verder uit mekaar geplaas wees of dalk, as ek gelukkig is, word die hindernisbaan tydelik toegemaak vir instandhouding. En ek sal hierdie tyd gebruik om in die stort te klim en gister weg te was. Ek sal my tekkies afstof en my hare borsel, reg om die lewe weer aan te durf.

Daar is egter iets wat ek die afgelope tyd vir myself herhaal wanneer dinge nie so goed gaan nie en die lewe my begin onderkry – hou kop, hou moed, hou hart. Ek hoop dat jy dieselfde sal doen en dat elke struikelblok wat jy moet oorbrug, ongeag hoe groot of klein, jou net sterker sal maak.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.