Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Die lewe is nie ’n resies nie
Dianri Wessels
Dianri Wessels

Ek loop nou die dag na my volgende klas en kon myself nie keer om ’n klompie eerstejaars se gesprek af te luister nie.

“As ek op 21 graad vang, kan ek op 22 verloof raak en op 23 trou. Met die eerste kind twee jaar later is ek voor ek 30 is klaar met kinders!”

Ek skrik myself boeglam.

Ek is 21 en nog besig met my voorgraadse studies. Ek gaan definitief nie aan die einde van die jaar verloof raak nie en ek het geen behoefte om oor vier jaar al ’n kind te kry nie. Maak dit van my ’n onderpresteerder? Ek dink nie so nie.

Een van die haastige meisie se vriendinne vra toe wat gaan gebeur as sy nie oor drie jaar verloof raak of op 30 nog nie eens begin het met kinders nie.

Haar antwoord was skokkend.

“Dan het ek misluk met die uitvoering van my tienjaarplan.”

Ongelukkig het ek by my klas aangekom en kon nie die gesprek verder volg nie. Ek wens eintlik ek ken die meisie, want ek het baie vrae.

Alles verloop nie volgens plan nie

Hoekom moet alles volgens haar “tienjaarplan” verloop? As almal se lewe voorspelbaar was, sou die lewe mos nie opwindend wees nie, of hoe? Ek hou daarvan om elke dag en geleentheid aan te gryp soos dit kom.

Net soos ek nou ’n jaar gelede nie gedink het ek sal hier sit en ’n stuk vir Die Student skryf nie, weet ek ook nie wat ek oor ’n jaar van nou af gaan doen nie. Ek is opgewonde vir wat nog voorlê.

Wanneer iemand alles in kassies wil druk en ’n sperdatum aan elke gebeurtenis wil koppel, kan dit net teleurstelling waarborg. As ek dieselfde ingesteldheid gehad het as hierdie eerstejaar en baie ander studente, sou ek nou net ongelukkig met my eie lewe gewees het.

Alles gaan nie altyd volgens plan nie. Soms kom daar struikelblokke oor jou pad wat jou verhinder om volgens jou “tienjaarplan” te vorder. Maar daardie afdraaipaadjies is dikwels die verrykendste!

Die lewe is nie ’n resies nie, solank jy net by jou mylpaal uitkom. As jy nie jou graad op 21 kry nie, so what? Solank jy net op die ou end jou graad kry.

Alles gaan nie altyd volgens plan nie. Soms kom daar struikelblokke oor jou pad wat jou verhinder om volgens jou “tienjaarplan” te vorder. Maar daardie afdraaipaadjies is dikwels die verrykendste!

Onthou, agteros kom ook in die kraal. Al is ’n mens hoe stadig, kom jy tog ook by jou eindpunt uit.

Dit is nie 1910 nie

Ek verstaan nie waarom die meisie so vasbeslote is om klaar haar kinders voor 30 te hê nie. Dit is nie meer 1910 nie.

Mense kry nou al hoe later kinders en die mediese tegnologie laat vrouens toe om in hulle laat 30’s (en selfs 40’s) kinders te kry. Daar is geen haas om kinders te kry voor ’n sekere ouderdom nie.

Die lewe is in elk geval te kort om die heeltyd oor die toekoms te stres!

Hoewel dit seker goed is om te beplan, glo ek dat mense vir die oomblik moet leef.

Ek drink my koffie soos die kan hom skink. As alles volgens plan verloop: Baie geluk! Moet net nie dat jou geluk afhang van die plan en sy sperdatums nie. Anders gaan jy van jou wysie raak.

Die lewe is in elk geval te kort om die heeltyd oor die toekoms te stres!

  • Dianri Wessels (21) is 'n derdejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria. Sy studeer BCom menslikehulpbronbestuur. Sy woon al haar hele lewe in Pretoria en het gemartikuleer aan die Hoërskool Garsfontein. Sy sing tans ook in die Tuks Camerata.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken. 
  • Volg ons op Instgram!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.