Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Die Potch-woonstel wat my hart gesteel én gebreek het

Bianca Gouws
Bianca Gouws

As ’n student kan jy nie regtig kies en keur met woonstel soek nie, veral wanneer daar ’n beperking vir jou is op die huurgeld wat jy kan bekostig. En kom ons wees nou eerlik met mekaar – as jy nou al ooit in Potchefstroom vir ’n woonstel gesoek het sal jy weet dat ruimte ’n bysaak is.

Ek dink ons almal het ’n storie om hieroor te vertel, maar hier is myne.

Die perfekte woonstel!

’n Mens kry nie iets soos die perfekte woonstel nie, dit weet ek, maar ek glo jy kry love at first sight met ’n woonstel. Dit was die geval met my.

Ek het by ’n vriendin, nog in R-en-O in my eerste jaar, gaan koffie drink. Die woonstelblok staan bekend as die geel gebou. Absoluut verlief. Die helder geel mure met wit balkonne steel jou hart.

Maar nietemin moes ek tot die einde my tweede jaar in die dorpskoshuis bly. Ek is seker my pa het sy redes gehad om my só deur hel te sit. So, toe my pa sê dat ek mag begin woonstel soek, was my oë net op dié geel gebou.

’n Mens kry nie iets soos die perfekte woonstel nie, dit weet ek, maar ek glo jy kry love at first sight met ’n woonstel.

Uiteindelik, na twee jaar, het ek my hartsbegeerte bevredig. Ek het in Junie gaan kyk en ek was weer van voor af verlief.

Ek het dieselfde dag die kontrak gekry en geteken, want ek gaan nie op my laat wag nie. ’n Dag of twee later ontvang my pa die WhatsApp-boodskap: “Deposito ontvang. Jy is verseker van ’n plek.”

En laat ek nou vir jou vertel hoe opgewonde ek was.

Ek het die dae afgetel, in my vrye tyd na die opname en foto’s gekyk en definitief vir elke Jan Rap en sy maat vertel. My beplanning was gedoen en elke millimeter van my woonstel was uitgelê vir maksimum gebruik, sonder beknoptheid. Ek vra tussen klasse en eksamen vrae oor die woonstel sodat ek my meubels bymekaar kan kry.

Geskok en teleurgesteld

Sondagoggend, 19 Januarie 2020, kon jy my met ’n veer omtik. Eerstens van skok, toe van woede. En jy weet wanneer jy huil van woede? Ja-nee, ek voel ook pateties.

“Bianca julle moet bankbesonderhede stuur sodat ek dep terug betaal ek gaan jou nie kan help nie (sic).”

Nie eens te praat van kommas of woorde uitskryf nie.

Hoe sê jy vir iemand ’n week voor hulle moet intrek, jammer skat, jy kan nie meer nie!

En dít een week voordat ek terug Potchefstroom toe moet gaan!

Hoe sê jy vir iemand ’n week voor hulle moet intrek, jammer skat, jy kan nie meer nie! En nie eens te praat van hoe kwaad my pa was nie!

Ja, ons het met prokureurs gaan praat en die eerste ding wat hulle vir ons gesê het is dat dit nie die tyd en geld werd is nie. Geen wonder hy sê dit met soveel gemak nie!

LEES OOK: Woonstel soek nie vir sissies nie

Kontrakbreuk en vergoeding van onkoste wat aangegaan is om ’n nuwe plek te kry, is wat hy ons skuld. En net om ’n idee te gee, dit is R1 400 per maand wat ons nou ekstra moet betaal. En ek was nie die eerste een met wie dit gedoen is nie, maar omdat prokureurs so duur is, neem niemand die saak verder nie.

Al wat ek eintlik wil sê is, wees versigtig, want die lewe is nie so goedhartig soos jy nie. En as jou kontrak net uit vier bladsye bestaan, moet die waarskuwingsligte vir jou begin skyn.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.