Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Die realiteit van onafhanklik wees

Dit was snaaks genoeg die klank van my niggies en nefies se klein voetjies hierdie vakansie wat my laat dink het aan alles wat vir my in 2019 voorlê.

Karin Rautenbach
Karin Rautenbach

Nie te lank terug nie, was dit my eie klein voetjies op die skool se speelgrond en ek wat opgewonde by my ouers se kamer inbars. Ek kan darem sê dat nie veel verander het nie en dat ek steeds sonder huiwering en terughouding in hierdie tye kan dans.

So wat het die laaste jaar verander? Behalwe vir beddegoed en koffiebekers wat nou op die inkopielys is vir my nuwe koshuiskamer, het ek ook begin kyk na beskikbare werke en het ek ’n oomblik geneem om die privaatheid van my eie kamer te waardeer.

LEES OOK: Ek het gerusstelling nodig, meneer die president

Niemand vra watter vakke ek gaan neem, en of ek reg is vir my matriekjaar nie, maar eerder: “Hoe voel dit om klaar te wees met skool?”

Ek weet nooit regtig hoe om hierdie vraag te beantwoord nie, so dan lag ek maar net en mompel onderlangs iets. Hulle hou ook daarvan om te vra wat ek eendag wil word, en dit is amper die ergste.

Wees aanpasbaar

Matriek het gekom en gegaan soos ’n warrelwind, met meer hoogte- en laagtepunte, emosionele oomblikke en euforiese uitbarstings as die vorige vier jaar saam.

Voor ek nog kon besef, was daar niemand in die passasiersitplek as ek skool toe ry nie, en uiteindelik kon ek goed voel oor die onafhanklike persoon wat ek besig om te word.

Almal het my vooraf gewaarsku dat dit ’n moeilike jaar gaan wees, en steeds was ek onvoorbereid op die spanning van universiteitsaansoeke, besprekings van NNT’s, en om uit te blink te midde van akademiese druk.

Dit voel asof ons almal skoon blou lug is wanneer ons by die universiteit aankom. Ons weet wie ons is, maar hierdie komende jaar sal vir ons die wolke en sterre gee wat ons sal definieer en ons uniek maak.

Volgens die meeste mense sal ek eers dan besef wat die definisie van besig is, en dis angswekkend.

Dit voel asof ons almal skoon blou lug is wanneer ons by die universiteit aankom. Ons weet wie ons is, maar hierdie komende jaar sal vir ons die wolke en sterre gee wat ons sal definieer en ons uniek maak

Verandering sal plaasvind

Meeste, indien nie almal nie, sal ’n sekelmaan van geleenthede ontvang en die skakerings van lewe wat ons die beste pas, vind.

Dit maak nie saak watter tipe mens jy was voor universiteit nie. Ons hoef nie te veel te bekommer om voorbereid te wees vir iets wat vir seker ons perspektief van onsself en die wêreld gaan verander nie.

As jy, soos ek, onseker is oor wat die toekoms inhou, onthou net om die lewe met ’n knippie sout te hanteer en nie te vasgevang te raak in die ernstige kant van dit alles nie.

Solank ons net buigbaar en gewillig is om alles wat ons vrees met ope arms te verwelkom, sal ons eerste jaar die beste jaar van ons lewe wees.

  • Karin Rautenbach (18) gaan BA Regte aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Sy het in Johannesburg en die Paarl groot geword.
  • Hierdie stuk is oorspronklik in Engels geskryf en in Afrikaans vertaal. Om die Engelse stuk te lees, klik hier.
  • Wonder jy waaroor studente se koppe werk? Lees meer opiniestukke hier.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.