Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Die soektog na liefde: 'Hou op om so kieskeurig te wees!'

Jean-Mare Maree Instagram
Jean-Mare Maree Instagram

Ek het ’n klomp vriendinne wat altyd vir my sê dat ek nooit ’n kêrel gaan kry nie omdat ek te kieskeurig is en soms dit onnodig moeilik maak vir ’n ou om met my te flirt of te praat.

My gewone reaksie is dan net altyd om te sê dat hulle darem eendag, as hulle gelukkig getroud is met kinders, iemand sal hê om oppasser te speel.

Ek het ’n klomp vriendinne wat altyd vir my sê dat ek nooit ’n kêrel gaan kry nie omdat ek te kieskeurig is en soms dit onnodig moeilik maak vir ’n ou om met my te flirt of te praat.

Ek dink dan altyd ook by myself of ek miskien bietjie minder kieskeurig moet wees of dit makliker moet maak vir ouens om bietjie met my gevoelens te speel. En dan slaan dit my soos ’n ton bakstene dat dit nie net tydmors is nie, maar dat ek in die proses my hart en siening oor die wêreld ’n bietjie meer suiwer en naïef hou.

Sure. Ek hoef dalk nie vir elke ou wat in Bourbons vir my ’n drankie wil koop “nee dankie” te sê nie, of vir elke manlike figuur wat my vra om te dans in Impala te vertel dat my vriendin beter dans as ek nie. Ek hoef nie, maar ek doen dit.

Ek doen dit want ek wil nie my tyd, geld, aandag of gevoelens op ’n oppervlakkige man mors nie. Ek is eintlik, glo dit of nie, ’n baie groot romantic en is lief daarvoor om goedjies te doen of te beplan om vir mense te wys dat ek hulle liefhet en hulle waardeer. Dit geld egter nie net liefdesbelangstellings nie, maar ook vriende.

Die verskillende tipe ouens

Ouens is soos kos

Ek glo vas dat ouens soos verskillende soorte kos is. Jy kry jou vinnige wegneemete-outjie wat jou geselskap hou en ’n ogie hou vir miskien so ’n paar maande.

Daar is die sit-down-and-dine-outjie wat jou van jou voete af slaan met sy woorde en jou rêrig laat voel asof jy iemand gevind het wat jou verstaan. Sodra daardie rekening betaal is, verdwyn hy egter soos mis voor die son.

Een van die gevaarlikste tipe ouens is die microwave dinner-outjie. Die een waar die romance so vinnig vlamvat soos ’n vuurhoutjie, maar so vinnig soos dit begin, eindig dit. Dis dieselfde tipe ou wat party mense as die “vry-en-gly”-outjie beskryf.

Die volgende tipe ou wat bestaan is die verkeerde-bestelling-outjie. Hierdie ou kan beskryf word as die tipe man wat reg lyk op die oomblik van ontmoeting, maar op die ou end die verkeerde een is.

LEES OOK: 'Ons maak ons seuns verkeerd groot'

Die beste tipe man is egter die tuisgemaakte-maaltyd-man. Hierdie ou is die perfekte kombinasie van spices, geure en aromas. Hy laat jou dink aan jou gunsteling comfort food en jy kan eenvoudig nie genoeg van hom kry nie. Alle aspekte van hierdie outjie is in perfekte balans en elke sekonde saam met hom voel asof jy op die wolke dryf.

Juis om hierdie rede voel ek ek hoef nie my tyd aan enige iemand te bestee wat ’n vinnige uitweg vir eensaamheid bied nie.

Dis egter waar dat jy ’n paar mikrogolf-aandete-outjies gaan moet ontmoet om te weet wanneer jy die perfekte outjie ontmoet het. Maar soms is jy versadig en lyk enige maaltyd soos ’n straf.

’n Mens hoef egter nie konstant te eet om aan die gang te bly nie, net soos jy nie konstant in ’n verhouding hoef te wees om gewaardeer of aantreklik te voel nie.

Vir eers sal ek die spyskaart dophou vir ingeval daar miskien ietsie is wat my oog vang.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

    Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.