Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Die verlede vervuil ons hede
Lizaan Snyman
Lizaan Snyman.

Beste Cyril,

My naam is Lizaan Snyman en ek is ’n 21-jarige BA Kommunikasie-student aan die Noordwes-Universiteit.

Ek skryf hierdie brief aan u want, soos die meeste Suid-Afrikaners, is ek moeg vir die verlede wat ons hede vervuil.

’n Rukkie terug was ek by een van Barry Hilton se komedievertonings. Wat my bybly, was toe hy op ’n ernstiger noot gesê het: “Die enigste verskil tussen wit en swart mense is die kultuur.”

Wit mense praat in die openbaar saggies, voer fluister-gesprekke, waar swart mense dit as ongeskik sien en so kommunikeer dat almal hul gesprekke kan hoor.

Dit is van die dinge wat ons irriteer omdat ons nie mekaar se kultuur of mekaar goed genoeg ken nie.

Een ding wat ons wel moet verstaan, is dat hoewel ons kulture verskil, kan ons dieselfde menings, sienings en waardes hê oor sekere dinge.

Ouers en media speel ook rol

Soos enige verhouding wat jy met iemand bou, moet julle deur jul verskille werk en ooreenkomste vind vir die verhouding om enigsins ’n kans te staan. En al hoe dit gaan gebeur, is deur kommunikasie.

Dit is waar ons grootste probleem lê, ons is te bang om vrae te vra, want ons is bang ons maak mense se gevoelens seer, of klink dom, so ons vorm ons eie opinies en neem dinge aan wat dikwels nie waar is nie.

Hoewel kommunikasie een van die grootse probleme met die rassekwessie vandag is, speel ouers of voogde en die media ook ’n belangrike rol in die bevordering van rassisme.

Elke keer as die ouer ’n persoon van ’n ander ras slegsê, of dit net uit frustrasie of met opset gedoen is, sien en hoor die kind dit en neem aan dit is reg.

Ek het onlangs ’n meningstuk vir Die Student getiteld “Is julle regtig vriende?” geskryf oor ek en my vriendin en hoe mense ons behandel omdat ek wit en sy swart is. Die kommentaar wat ek gekry het, was meestal positief.

Ouers wil net die beste hê vir hul kinders. Ouers leer hul kinders om nie hul vingers in kragproppe te druk nie, om nie aan ’n warm stoof te vat nie, maar die belangrikste van alles, hulle leer hulle hoe om te praat en beïnvloed hoe hulle dink, doelbewus of nie.

Die kinders volg alles wat hul ouers sê en doen. Elke keer as die ouer ’n persoon van ’n ander ras slegsê, of dit net uit frustrasie of met opset gedoen is, sien en hoor die kind dit en neem aan dit is reg. Veral in die jonger stadiums van die kind se lewe is hul ouers hul rolmodel. Aanhoudende negatiewe optrede teenoor ’n ander ras vorm uiteindelik deel van die kind se wêreldbeskouing.

LEES OOK: Beste Cyril, kom ons praat oor rassisme

Ek wil hê die media moet meer oor rassekwessies skryf sodat ons as ’n nasie meer ingelig kan wees en ingeligte gesprekke kan voer uit ’n plek waar ons mekaar en mekaar se kultuur verstaan.

Die probleem ontstaan wanneer die media ras in ’n subtiele konteks gebruik in artikels wat dit nie nodig het nie. Byvoorbeeld, ’n wit man skiet op mense in ’n winkelsentrum voordat hy homself skiet.

Is dit nodig om te weet dat die man wit is? Dit is net ekstra onnodige inligting wat mense gebruik om vals opinies te vorm van ’n ander ras. Dit moedig die bou van karikature aan.

Ons bydrae tot rassisme

Ek weet die meeste mense gaan sê tieners of jong volwassenes neem hul eie besluite. Dit is reg, maar as iets onwetend dalk in jou onderbewussyn skuil, hoe maklik is dit om jouself te verander? Om afstand te doen van sienings wat vir so lank deel gevorm het van jou lewe?

Ons as nasie moet meer verantwoordelikheid vat vir wat ons elkeen bydrae tot rassisme, ongeag die grootte van daardie bydrae. Dit kan begin met verantwoordelikheid vir wat ’n mens sê, veral op sosiale media, waar eie opinies deur ander gesien word as die waarheid. Dit veroorsaak onnodige en oningeligte konflik.

Die reg van vryheid tot spraak moet verander na ingeligte vryheid tot spraak, want dit sal daartoe lei dat ons meer openlik met mekaar kommunikeer om die werklike probleme tussen rasse op te los.

Meneer die President, my vraag aan u is: Hoe gaan u ons as ’n nasie lei uit ons vervuilde toestand na die beeldskone Suid-Afrika wat ons elkeen verdien en op hoop?

  • Lizaan Snyman (21) studeer BA Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit. Sy kom oorspronklik van Roodepoort in Johannesburg.
  • Hierdie brief is 'n inskrywing vir Die Student se Beste Cyril-kompetisie.
Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.