Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
’n Gelukkiger Dinsdag ná ’n reënerige aand
Ter illustrasie Foto: Unsplash

My hande wat vassit in jou

granaat borselkop hare

jou Brannewyn lag en my Gin asem

op ’n Saterdag piekniek lank-lank terug

’n gelukkiger Dinsdag ná ’n reënerige

aand op die Amstel, debatteerend

in die “Old Sailor” in De Wallen terwyl

die prostitute rooibors-prontuit vir

jou oogknip (en ek vergeet van jou

skreeu en die kere wat jy my beskuldig)

Die warm opkrul in jou skulplyf oor

talle wintersoggende, die ek-voel-16

middernag danse by vriende se

troues.

Die oneindigende skimp-skimp

“ek-soek-die-ring” foto’s, jou

“asseblief net nie ’n mermaid-styl”

trourok kommentaar

Die tiek-tok van twee en ’n half jaar

(en dalk daarna), wat skuins ná Oktober

op ’n Sondagmiddag gaan stilstaan

in my voorportaal: jou kop in jou hande

en my hart aan’t skerwe op die bank

waar ek laas op jou skoot aan die

slaap geraak het

Ons loop stadig-maar-seker leeg,

nou vervaag my hand in joune en

ons Desembers en vakansiedrankies

saam met maskers en pandemie-opskrifte

soos die laaste 3 dae van die 2020

alles,

behalwe die pyn:

Ek voel al vir twee maande

soos die woord breek

(and counting)


  • Anel de Meyer studeer tans vir ’n LLM-graad in Internasionale Privaatreg aan die Noordwes-Universiteit.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie. 
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die hele tyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

Meer oor:  Mening  |  Suid-Afrika  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.