Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Dink voor jy neersien op boemelaar

Wanneer ek so stilsit, kom speel die herinneringe van kindwees met my wegkruipertjie en dan verlang ek na wensspeletjies en die klomp verbeeldingsvlugte van ouds.

Mamma het reeds gesukkel to make ends meet. So ek het maar gewens, want ek moes verstaan dat sekere goed net in storieboeke, flieks en in my drome sal realiseer.

Luwattlon Kiewiets

Gewens ek was Superman, gewens ek kon vlieg, gewens ek het ’n miljoen rand gehad om die wêreld ’n beter plek te maak. Ek het gewens en gewens . . .

Ongelukkig het die werklikheid die wind uit my seile geblaas en my terug aarde toe geruk. Die trane kom altyd klankloos vlak in my oë lê as ek sien hoe die hawelose mense op straat behandel word. So sonder deernis, sonder menslikheid, sonder respek.

Net ’n maand of twee gelede was dit feestyd, die wonderlikste tyd van die jaar. Benewens Covid-19 was daar iets groters wat kommer in my gewek het. Ek het gesien hoe mense haweloses behandel asof hulle diere is.

Waar op dees aarde het jy gesien jy spoeg (onthou, die tyd waarin ons nou lewe) in die rigting van ’n maaksel van God?

Dit is verbysterend hoe mense só maklik neerkyk op ’n persoon wat dalk nie ’n ander keuse het as om op straat te bly nie. My hart breek om te sien hoe klein kinders letterlik van hand tot mond lewe, dan het mense nog die vermetelheid om so gevoelloos te wees.

As dit klink ek skel, so be it, want iewers moet iemand geraas maak.

Natuurlik wou ek die persoon aan die keel gryp, maar sarkasme was die beste wapen, want dis onwettig om mense te foeter.

En, o ja, ’n geskel en dronknes is iets waaraan ek gewoond is, dit is goed waarmee ek grootgeraak het, dit maak nie van my minder mens nie, nog minder van die volgende ’n beter mens.

Ek gee eerlikwaar nie om as die haweloses rook, drink en snuif nie. Natuurlik ondersteun ek nie die nosie nie, maar ek kan my net indink hoe hul liggaam die ysige, nat aande moet aanpak op ’n honger maag wat dae tot selfs weke laas gevul was.

Ons is geneig om te vergeet dat dit nie die materialistiese goed is wat ons ryk maak nie.

My ma het my geleer nederigheid skuil in die mooiste hart. Ons is geneig om te vergeet dat dit nie die materialistiese goed is wat ons ryk maak nie.

Ek sê altyd die rykste plek op aarde is die begraafplase, want daar lê mense met soveel drome, talente en aspirasies. Terwyl ons steeds die geleentheid het om aan ons drome te werk en ander op te lig, verkies ons om op hulle neer te kyk.

Die onderskeie kruise wat ons dra, weeg nie ewe swaar nie. Die stories wat op ons hart geskryf is, dra nie dieselfde trauma nie en, die belangrikste, is dat nie almal sterk genoeg is om dit maak terwyl hulle aan die kruis en storie vasgeketting is nie.

Mohamad Safa, permanente verteenwoordiger van die Verenigde Nasies, sê dit mooi: “Ons wêreld word nie verdeel deur ras, kleur, geslag of godsdiens nie. Ons wêreld is verdeel in wyse mense en dwase. En dwase verdeel hulself volgens ras, kleur, geslag of godsdiens.”

Moenie soos ’n dwaas optree nie en verander jou perspektief.

Beginne besef dat nie almal altyd in die beste seisoen van hulle lewe is nie.

Beginne besef dat nie almal altyd in die beste seisoen van hulle lewe is nie. Ek dink nie ons sal een aand in hul skoene oorleef nie.

Stop en bemoedig ’n ander elke keer wanneer jy die gedagte kry om neer te sien op hulle.

Behandel mense met respek en deernis, ons sien nie altyd hoe swaar die hart is en hoe klankloos vlak die trane lê nie.

Wees dankbaar vir dit wat jou nugter hou en dink aan hulle wat met gomblikkies en twakstompies vashou aan die skerwe van hoop vir ’n beter môre.

  • Luwattlon Kiewiets studeer onderwys aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? 

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Meer oor:  Mening  |  Suid-Afrika  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.