Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Dís hoe dit voel as cum laude op jou graad staan

Om jou graad by die Universiteit Stellenbosch te behaal, is nie sommer net enigiets nie.

As jy hierdie graad cum laude slaag, ná drie of meer voorgraadse jare, is dit op sigself ’n groot prestasie.

Kathryn van den Berg
Kathryn van den Berg

Die organiseerders van die gradeplegtigheid het ’n vreemde manier om erkenning te gee aan studente met onderskeidings: Studente wat hulle grade ge-cum het se name word heel laaste uitgeroep – ná ure se gewag.

Dit het my laat dink aan die gesegdes “goeie dinge neem tyd” en “goeie dinge gebeur met dié wat wag”.

Ondanks die gewag, is dit ’n ongeëwenaarde eer om erkenning te ontvang vir jou harde werk en toewyding as voorgraadse student.

Maar gee dit jou regtig so ’n groot voorsprong om cum laude te gradueer, terwyl om net jou graad te verwerf reeds ’n groot prestasie is?

Een van die cum laude-graduandi van 2018, Caitlin Jones, het sedert haar eerstejaar hard gewerk om haar graad in aardwetenskappe met onderskeiding te slaag.

Dit was die moeite werd

Toe sy op MySun haar resultate sien en besef dat sy wel haar doel bereik het was, was haar reaksie: “Ek het begin huil van blydskap, want al my harde werk en opoffering was die moeite werd!”

Jones gaan in 2019 haar honneurs in aardwetenskappe aanpak en sal dus aan haar passie werk – om te “sien hoe die wêreld werk en hoe dit aanmekaargesit is”.

Ondanks die gewag, is dit ’n ongeëwenaarde eer om erkenning te ontvang vir jou harde werk en toewyding as voorgraadse student.

Zubayr Kader is nog ’n trotse Matie wat sy BSc-graad in menslike lewenswetenskappe met onderskeiding geslaag het. Die manier hoe studente in kennis gestel word dat hulle met cum laude gaan gradueer, laat veel te wense oor.

Toe hy gevra is hoe hy uitgevind het dat sy naam genoem sal word, het hy gesê: “Twee dae vóór die gradeplegtigheid het ’n vriend vir my gesê dat hy my naam op die lys gesien het.”

LEES OOK: Almal hoort nie op universiteit nie

As gevolg hiervan was dit nie vir Kader op die gradeplegtigheid ’n groot verassing nie, maar hy was en is steeds baie ingenome met homself. Kader voel egter dat om met cum laude te slaag nie die toekomstige geleenthede van ’n student beïnvloed nie.

Hy sê hy glo nie dat ’n akademiese onderskeiding hom enige voorsprong gee nie. Om boekslim te wees of om dit gelukkig te tref met die eksamenvrae hou geen verband met wysheid in die “regte wêreld” nie.

Sarah Anne Gardner, wat haar graad in geesteswetenskappe cum laude verwerf het, voel anders.

“Ek glo om jou graad cum laude te slaag, voeg meer meriete by my naam. Dit wys vir voornemende werkgewers dat jy ’n goeie werketiek het en toewyding aan die dag lê.”

“Ek glo om jou graad cum laude te slaag, voeg meer meriete by my naam. Dit wys vir voornemende werkgewers dat jy ’n goeie werketiek het en toewyding aan die dag lê.”

Gardner het bewys dat sy toegewyd en passievol is oor haar studies toe sy gesê het: “Ek het van dag een af geweet dat ek my graad wil cum, en het dit in gedagte gehou elk keer as die universiteitspanning vir my te veel geword het. Ek het ’n neiging om baie hard op myself te wees wanneer dit by akademie kom en ek verwag van myself om my beste te gee.”

Gardner sal in 2019 voortgaan met haar honneurs in filosofie, terwyl sy ook vir ’n paar vakke in Brittanje ingeskryf is.

Johannes Coetzee, wat ook onlangs aan die Universiteit Stellenbosch gegradueer het, kan ook spog dat hy sy graad in rekenaarwetenskappe met onderskeiding geslaag het.

Uitdagende voorgraadse studies

“Ek dink om cum laude te slaag, kan tot jou voordeel wees as jy vir werk aansoek doen, maar ek dink nie dit maak jou meer gekwalifiseerd nie. Ek dink jou vermoë om te leer, is die belangrikste ding en goeie universiteitsuitslae is dalk net ’n weerspieëling hiervan,” sê Coetzee.

Hoewel hy verwag het dat hy cum laude gaan gradueer, erken hy dat daar baie uitdagings in sy voorgraadse studies was. Hy voel dat ’n student wat sukkel so gou as moontlik moet hulp kry.

Al is dit ’n groot persoonlike oorwinning om jou graad cum laude te slaag, bly dit vir enige Matie ’n groot eer om aan ’n gerespekteerde instelling soos die Universiteit Stellenbosch te gradueer.

Hy sê dat daar te veel werk is om deur te werk wanneer dit by die eksamen kom en daar was werk waarmee daar deur die loop van die jaar gesukkel is.

Dit lyk of studente wat eerste in hul klas eindig verskeie menings het oor of hul onderskeidings hulle werklik van hul klasmaats onderskei.

Hoewel die enigste erkenning wat hulle kry die uitlees van hulle name tydens die gradeplegtigheid is, bly dit ongetwyfeld ’n groot prestasie vir die student wat hard gewerk het om hierdie doel te bereik.

Al is dit ’n groot persoonlike oorwinning om jou graad cum laude te slaag, bly dit vir enige Matie ’n groot eer om aan ’n gerespekteerde instelling soos die Universiteit Stellenbosch te gradueer.

  • Kathryn Van Den Berg (21) studeer aan die Universiteit Stellenbosch. Sy kom oorspronklik van Sunninghill in Johannesburg.
  • Hierdie berig is oorspronklik in Engels geskryf en vertaal na Afrikaans. Lees die Engelse weergawe hier.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.