Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Dís hoekom ek nie gaan stem nie
Romano Claassen
Romano Claassen

Ek gaan nie hierdie jaar stem nie, want dit is net nie die moeite werd nie. Om eerlik te wees dink ek dit is belaglik en ek sien nie die nut daarvan in nie.

Die kruisie wat ek vyf jaar gelede getrek het, het my niks gebaat nie en het ook geen verskil gemaak nie. Ons leef nou al meer as 20 jaar in ’n demokratiese Suid-Afrika, apartheid is verby, maar die seer van die verlede genees eenvoudig nie.

Korrupsie, misdaad en moord neem toe, om nie eens van rassisme en bedrog te praat nie. Dit is ’n siklus wat daagliks voortduur.

Ek, as student, is baie teleurgesteld in my land en sy mense. Die regering het my land, óns land, verraai. Ons word net gebruik en sodra hulle gekry het wat hulle wil hê, vergeet hulle van ons, ons wat gestem het om hulle in daardie ampte te kry.

In plaas daarvan om ons land te dien, draai hulle hul rûe op ons. Politieke partye is soos ’n man wat ’n vrou misbruik en haar dan los met die kind.

Onseker oor omkopery

Ek onthou nog my eerste stemdag soos gister. Dit was in 2014 en ek het pas agttien geword. Ek kon my verkyk aan hoe maklik dit vir sommige is om te stem. Vir my was dit ’n baie moeilike keuse.

Ek is van mening dat ’n mens moet stem vir die party wat vir jou werk en jou belange as burger op die hart dra, wat in die gemeenskappe werk en ’n verskil in die land kan maak. Soos sake nou staan, is ek heeltemal onseker en verlore.

Mense word omgekoop met kospakkies, tydens stemtyd word hulle met voertuie aangery na stemlokale. Ek dink nie politieke partye maak enige wesenlike verskil nie.

Ek het nog net een keer in my lewe gestem, maar ek sien nie kans om weer te stem as ek die leë beloftes sien wat politieke partye maak nie.

Mense word omgekoop met kospakkies, tydens stemtyd word hulle met voertuie aangery na stemlokale. Ek dink nie politieke partye maak enige wesenlike verskil nie.

Soveel van ons minderbevoorregte mense lewe nog in aaklige omstandighede, in nedersettings, sonder enige basiese dienste, soos krag, water en behoorlike sanitasie. Dienslewering is swak en daar word niks aan gedoen nie.

Leë beloftes

Politieke partye kraak mekaar af op ’n daaglikse basis en maak mekaar sleg oral waar hulle stemme probeer wen vir die komende verkiesing.

Hulle maak beloftes van werkskepping, skep dan korttermyn werke, soos papiere optel en strate vee, alles in ’n poging om stemme te werf. Hulle klink so oortuigend, maar as die verkiesing verby is, besef jy alles was net ’n leuen.

Politieke partye weet presies hoe om ons mense te manipuleer. Dis asof hulle ’n houvas het op stemmers, hulle weet ons mense is ’n maklike teikengroep, ’n groep wat die vuilwerk sal doen, omdat ons minderbevoorreg is.

Dit het tyd geword vir geregtigheid om te seëvier. My boodskap aan alle stemmers is dat hulle die beste besluit vir hulself moet neem. Bedink alles en oorweeg jou opsies.

Wat ons land wel nodig het, is jong mense wat geletterd en opgevoed is. Jong mense wat die land sal dien. Jong mense wat uit hierdie gebiede kom en hulself kan vereenselwig met hierdie situasies en probleme.

Dit het tyd geword vir geregtigheid om te seëvier. My boodskap aan alle stemmers is dat hulle die beste besluit vir hulself moet neem. Bedink alles en oorweeg jou opsies.

Maak soos ek en kyk die kat goed uit die boom. Stem vir die party wat jy weet verandering moontlik sal maak en jou belange op die hart sal dra.

  • Romano Austin Bradley Claassen (22) studeer onderwys aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Mowbray-kampus. Hy kom oorspronklik van Dysselsdorp, Oudtshoorn.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie artikel is ‘n inskrywing vir Die Student se kompetisie oor die verkiesing. Lees die ander inskrywings hier.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.