Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Dis nie maklik om 'n student te wees nie'
Heléne Leonard

Op die oog af is dit uiters aanloklik om universiteit toe te gaan: jou eerste treë in die grootmenswêreld, jou eie baas.

Maar die meeste eerstejaartjies se broeke bewe en julle vind dit vreesaanjaend: dit is die eerste werklike groot besluit wat jy gaan maak wat die res van jou lewe bepaal, of hoe?

Toe ek op skool was het ek gedink ek is te dom vir universiteit. Studente kla dan dat dit so moeilik is?

Daarom is die vraag wat gereeld gevra word: “Is ek slim genoeg om graad te vang?”

Dis 'n moeilike lewensfase

Student-wees is inderdaad een van die moeilikste lewensfases: Dit verg ’n sekere kaliber mens om te kuier, ’n kêrel te hê, klas te loop, klas te bunk, vir uitstel te smeek, deel te neem aan sêr, series te kyk en steeds 50% te behaal (jy wil nou ook nie oorpresteer nie). Tydsberekening en beplanning is van die belangrikste vaardighede van ’n bobaas-student.

Universiteitsoorlewing gaan nie noodwendig oor hoe slim jy is nie.

Vriende is natuurlik ’n student se heel eerste prioriteit: vriende help om goeie notas op die nippertjie te verskaf of ’n skeutjie of twee te koop wanneer jy nie heeltemal by 50% uitgekom het nie. Jy moet ook natuurlik tyd maak om ’n goeie vriend te wees, dus self soms die nodige notas neem of drankies borg.

Om ’n student te wees moet jy baie balle in die lug kan hou: om nét genoeg klas te bunk dat jy steeds kwalifiseer vir eksamen, kry net die vaardigstes reg. Om net genoeg te kuier om gekies te word vir huiskomitee is ook noodsaaklik.

Dit gaan oor slim beplanning

Op universiteit weet die uitblinkers presies wat die balans is tussen om ’n dosent goed genoeg te ken om punte te bedel, maar ook sleg genoeg sodat jy nie tydens klas gemis word nie. Dit is ook goed om jou plek te ken in die lesinglokaal. Moet nooit aandag trek nie. Om vrae te vra is ’n groot nee, want dosente hou baie daarvan om moeilike vrae, onverwags, terug te vra.

HELENÉ SKRYF OOK: Dís hoekom Stellies die beste is...

Universiteitsoorlewing gaan nie noodwendig oor hoe slim jy is nie. Inteendeel, dit gaan eerder oor hoe slim jy beplan. Universiteit leer jou nie net oor jou toekomstige beroep nie, maar ook hoe om situasies, mense en tyd in jou lewe te bestuur. Student-wees leer jou hoe om vinnig te dink as jy nie deur al die werk gekom het voor die eksamen nie.

Al wat universiteitslewe van ’n student vereis is beplanning en tyd. In jou beroep gaan dit eendag belangrik wees om steeds vriende, familie en verantwoordelikhede te balanseer.

’n Goeie student is iemand wat al die bogenoemde kan regkry, om meer te doen as net klas te loop, om leierseienskappe te bevorder en om met mense te kan saamleef. Dít is die belangrike modules wat geneem word op universiteit.

Onthou net die volgende wyse woorde van Langenhoven sodat jy aan een stuk die ander kant uitkom: “Maak jou vriendelikheid goedkoop en jou vriendskap duur. Werk is goed, solank jy nie vergeet om te lewe nie”.

  • Heléne Leonard (20) studeer BA (Taal en Kultuur) aan die Universiteit Stellenbosch. Sy kom oorspronklik van die Vrystaat af. Sy is Die Matie se studentelewe-redakteur.
Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.