Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Dis okay om nie altyd okay te wees nie...
Marisa De Kock
Marisa De Kock

Baie mense het iets te sê oor selfmoord. Ek dink dit is miskien selfsugtig, maar in daardie oomblik dink die persoon nie reguit nie. Hulle dink nie aan die gevolge nie. Hulle soek net ’n manier om die las ligter te maak. Hulle soek uitkomkans.

Ek voel dit is die samelewing se skuld dat selfmoord jaarliks toeneem. Dis ons eie skuld. Ons ondersteun mekaar nie genoeg nie. Ons oordeel te maklik en te vinnig. Ons luister nie.

Ons verwag dat almal net meestal oukei moet wees en nie kla nie. Jy moet aanbeweeg en kry nie kans om mens te wees nie. Jy mag nie voel wat jy voel nie.

Jy kan vandag huil, maar môre moet jy oor die hartseer wees. Emosies moet onderdruk word.

Om sielkundiges te spreek of hulp te vra is ’n skande.

Jy moet gelukkig lyk en dit moet altyd voorkom asof die lewe ’n lied is. Die realiteit is die lewe is nie ’n lied nie. Die lewe is moeilik. Die lewe gaan nie uitwerk soos ons beplan nie. Elke dag gaan nie ’n goeie dag wees nie. Jy gaan nie altyd gelukkig wees nie.

Jy is hier vir ’n doel

Ek dink geluk en positief is ver van dieselfde konsep af. Positiwiteit is as jy in die slegte situasie steeds glo iets goeds sal gebeur. Dis as jy die silwerrandjie soek en selfs al vind jy dit nie altyd nie, steeds glo dinge sal beter word. Dis glo in die goeie ondanks die slegte.

Jy hoef nie altyd gelukkig te wees om positief te wees nie.

LEES OOK: 'Werkloosheid vernietig die siel'

Ek het altyd gedink ek is eintlik effens pessimisties, tot vandag toe. Ek is optimisties, want hoewel dinge nie elke dag so wonderlik verloop soos ek dit wil hê nie, glo ek iets goeds sal hier uitkom en dat als sal uitwerk soos dit moet.

My geloof is my rots. My geloof dat God in beheer is en als sal volgens sy plan verloop. Hy sorg vir sy kinders. Ek glo daar is ’n rede hoekom elkeen van ons op aarde is en hoekom God ons elkeen gemaak het.

Ek glo dit met my hele hart. Ek weet waar my krag vandaan kom en ek weet Hy het ’n beter plan as waarvan ons ooit kan droom.

Elkeen van ons het ’n doel. Ek wens elkeen wil dit besef. Niemand is doelloos of minder waardevol nie. Elkeen van ons het ’n plek op aarde.

Ten slotte glo ek optimisme is ’n gewoonte en nie ’n eienskap nie. Probeer elke dag soek vir daardie silwerrandjie en bly glo. Bly hoop. God het ’n plan al voel dit miskien nie vandag vir jou so nie.

Moenie opgee nie.

  • Marisa de Kock (19) studeer BCom Bestuurswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Sy kom oorspronklik van Caledon in die Overberg.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy die student se whatsapp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.