Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Dis toksies om die lewe deur die lens van ’n selfoon te beleef
Shané Cloete
Shané Cloete

Die invloed van ’n selfoon is toksies wanneer jy die lewe self deur ’n lens bekyk.

Ek het al soveel keer gewens dat ek voor die tyd van selfone gebore is. Selfone. Die ding wat ons lewe makliker maak, maar ook oorneem.

Ons gebruik dit te veel. Ons praat ure met mense op WhatsApp (en waardeer nie die persoon wat by ons is nie), ons google nuttelose goed en gaan deur vreemdes se profiles om te weet wie hy/sy is, maar wanneer laas het jy werklik iemand leer ken? Waar jy regtig na hulle opinies luister en omgee oor hul belangstellings?

In vandag se lewe is dit belangriker om foto’s te neem en te post as wat ’n mens spesiale oomblikke met ander deel. Ons mis uit op die lewe.

’n Dag in die natuur of in iemand se teenwoordigheid wat jou hart verstaan, is soveel meer werd as ’n foto op Instagram wat baie likes kry.

’n Dag in die natuur of in iemand se teenwoordigheid wat jou hart verstaan, is soveel meer werd as ’n foto op Instagram wat baie likes kry. Ek wens ons kan minder deur ’n lens leef. Neem die natuur in met jou oë.

Dis nie so belangrik om vir mense te wys wat jy sien nie, want dan mis jy die hele ervaring. Wat is die punt daarvan om by ’n plek self te wees, maar jy sien dit ook net op ’n skerm? Ek belowe die oog sien soveel mooier.

Ek is so lief daarvoor om te lééf. Werklik te leef. Om soos ’n kind op die strand rond te hardloop of ’n oomblik saam met iemand te lag, bied vir my oneindigende vreugde. Al weet niemand waar ek is of by wie ek kuier nie. Ek verstaan nie hoekom ons gedurig vir mense wil wys wat ons doen as ons bang is vir hul opinies nie. Ons moet ophou probeer inpas en onsself wees.

Leer jouself ken!

Leer jouself ken sonder om soos ander te wil wees, al is jy bietjie anders of weird. Wie het in elk geval besluit wat is normaal? As ’n mens genoeg, nie te veel nie, selfvertroue het en weet wie jy is, kan niks jou onderkry nie. Ken jou sterk en swak punte en aanvaar dit.

Ons is besig om ons kosbare jongmensjare te mors agter ons fone – waar ons ander mense se goed begeer, onsself vergelyk asook afbreek en uit te mis op die lewe. Die hele konsep is eintlik so belaglik. Ek wonder partykeer hoe lyk ons van “buite af” . . . almal met ’n toestel voor die oë wat ons nie kan uitlos nie.

Leer jouself ken sonder om soos ander te wil wees, al is jy bietjie anders of weird.

Die meeste van ons wat op hierdie ouderdom aan depressie ly, is as gevolg van ons selfone, omdat ons wens ons lewe was soos die mense op sosiale media s’n. Dit is egter ’n fake lewe waarna ons strewe. Aanvaar jou eie omstandighede en maak die beste daarvan. Wees ’n regte mens.

Gebruik jou foon wanneer dit nodig is. Nie 24/7 nie. Neem foto’s, maar post dit later. Die foto’s gaan nêrens heen verdwyn nie.

Praat met jou geliefdes in die aande en vertel hulle wat jy als deur die dag gedoen het. Die gesprekke is baie meer interessant as hulle nie alles reeds weet nie. Jy is in die peak stadium van jou lewe. Gaan lééf!

LEES OOK: Sosiale media is óók ’n virus

Ek raak partykeer so eensaam omdat dit voel asof ek die enigste een is wat dink dat die lewe by ons verbygaan. Is daar regtig niemand wat dit verstaan nie?

Kuiertjies saam by mense is nooit 100% wat ek wil hê nie, omdat ons almal heeltyd die selfone dophou. Dis vir my so hartseer en dit is moeilik om nog “old school” te probeer leef wanneer daar nie nog mense is wat so voel nie.

Ek weet net ek gaan nie tot op die oppervlakkige standaarde van die 21ste eeu daal nie, want ek is besig om te lééf.

  • Shané Cloete studeer BSc omgewingswetenskap aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. Sy kom oorspronklik van Witbank in Mpumalanga.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!
  • Ons stuur elke Vrydag ‘n nuusbrief uit met die drie gewildste meningstukke van die week.Klik hier en teken in vir die Stemme-nuusbrief.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.