Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Dis uitputtend om 'n student te wees'

Selfliefde.

’n Woord wat soveel dinge vir verskillende mense beteken, ’n woord wat in vandag se tyd baie meer gebruik word as ooit tevore.

Voorheen kon dié woord met ydelheid en selfsugtigheid geassosieer word. Maar soos tye en die samelewing verander, moedig mense mekaar aan om meer tyd met hulself deur te bring.

Robin Doné Cloete
Robin Cloete

Die lewe het so vinnig geword dat ons ’n aftyd (of twee) moet neem om ons energie te hernieu, om ons meer ontspanne te laat voel en meer in beheer van ons eie lewe te wees.

As student sit jy soms nagte deur en studeer, nalees en werk aan opdragte. Dit lei tot uitputting, te veel koffie en energiedrankies en lei soms tot die misbruik van sekere middels.

Voorheen kon dié woord met ydelheid en selfsugtigheid geassosieer word. Maar soos tye en die samelewing verander, moedig mense mekaar aan om meer tyd met hulself deur te bring.

So, hoe help dit jou? Die waarheid is dat dit jou nie help nie.

Verbeel jouself jy sit nagte deur en studeer, jy drink emmers vol kafeïen, jy het geen tyd vir jouself nie en dan kom jy nog boonop nie die toets deur nie.

Jy voel hartseer en depressief, jy vergelyk jouself met jou klasmaats en begin selfs dink dat jy nie goed genoeg is om aan ’n universiteit te studeer nie.

Dit is dan waar selfliefde moet intree.

Doen wat jou gelukkig maak

Selfliefde is objektief. Dit is om te doen waarvoor jy lief is. Dit kan enigiets wees – van ’n gesigmasker opsit, jou naels te laat doen, lank in die bad te lê met ’n glas wyn, tot by ’n wegbreeknaweek.

Dit maak sin.

LEES OOK: LINDSEY SKRYF: Dís waar kinders se kreatiwiteit sterf

Maar dit is nie al wat selfliefde is nie.

Partykeer is dit net iets eenvoudig soos om op te staan, jou bed op te maak, jou tande te borsel en jou hare te was.

Dit klink dalk simpel, maar partykeer wil ’n mens net in die bed bly lê pleks daarvan om die wêreld in die oë te kyk. En dit lyk asof dit reeds ’n massiewe impak op jou dag kan hê as jy nie die basiese dinge doen.

Kyk na jouself

Ek besef dit is uitputtend om ’n student te wees en wil graag my medestudente help deur ’n paar wenke te deel, dinge wat gedoen kan word as jy deur ’n moeilike tyd gaan.

Ek stel voor jy skryf elke oggend ’n paar bladsye. Dit behels dat jy ’n kort tydjie neem om jou gedagtes op drie bladsye neer te pen. Elke oggend. Wel, dit hoef nie in die oggend te wees nie, maar jou gedagtes is meer geformuleer in die oggend.

Jy skryf basies elke gedagte wat in jou kop opkom neer vir 3 tot 4 bladsye. Mense verwys daarna as ’n “brain dump” omdat jy letterlik jou gedagtes op die papier weggooi.

Jy sal agterkom dat jy goed neerskryf wat jy gedink het onbenullig en klein is. Wel, nou is jy ontslae daarvan en kan jy jou dag op ’n skoon bladsy begin.

Jy skryf basies elke gedagte wat in jou kop opkom neer vir 3 tot 4 bladsye. Mense verwys daarna as ’n “brain dump” omdat jy letterlik jou gedagtes op die papier weggooi.

Nog ’n manier om ontslae te raak van deurmekaar gedagtes, is om te oefen. Gaan stap, gaan draf of gaan elke dag vir ’n paar minute gim toe. Dit sal endorfiene vrystel, jou beter laat voel en jy sal jouself beïndruk omdat jy iets vir jouself gedoen het.

Dit beteken jy kan ontslae raak van spanning én jy kan trots voel op jouself. Twee vlieë met een klap.

Meditasie is belangrik

Meditasie is ook ’n goeie manier om te ontspan en ’n paar minute tyd vir jouself in te ruim. Dit help ook met herbevestiging, ontspanning en dit help jou om stadiger asem te haal.

Dit is ’n uitstekende manier om jou dag te begin en af te sluit, omdat dit jou laat kalmeer en help om op jouself te fokus.

Dit is ook ’n goeie uitlaatklep vir jou gedagtes, en help om die negatiewe te beheer en te fokus op die positiewe.

Om te bid is ook ’n goeie manier om ontslae te raak van angs, wat dalk op sy hoogste kan wees weens verhoogde stres wat veroorsaak word deur toetse en inhandigingsdatums.

Moenie boer op sosiale media nie

Nog ’n wenk: vermy sosiale media sover as moontlik. Ja, om te kyk waarmee jou ma se tannie se dogter se buurman se eksman besig is, kan dalk snaaks en interessant wees.

Maar ons voel maklik onder druk as ons sien waar ander mense op die oomblik is. Mense vang graad, reis, maak geld, kry babas en wat nog alles.

STOP net. Bly in jou eie baan, in jou eie wedloop, teen jou eie pas. Jy sal uitkom waar jy moet wees. Om jouself te vergelyk met ander, kan lei tot die gevoel dat jy agter is in die lewe en glo dit of nie, dit kan lei tot depressie.

STOP net. Bly in jou eie baan, in jou eie wedloop, teen jou eie pas. Jy sal uitkom waar jy moet wees. Om jouself te vergelyk met ander, kan lei tot die gevoel dat jy agter is in die lewe en glo dit of nie, dit kan lei tot depressie.

Laastens, dit is geen skande om ’n terapeut te gaan sien nie. Maak ’n afspraak as jy kan. En gaan praat met iemand.Of kry ’n vriend of familielid wat jy vertrou en maak oop teenoor hom of haar.

Om met ander mense te praat, sal help dat jy minder alleen voel, jy kan dalk goeie advies kry of ’n ander standpunt insien.

So, vat so nou en dan ’n breek. Drink ’n koppie tee, bad, sit buite en gaan deur die dag met dankbaarheid en positiwiteit. Drink baie water, gaan stap, en doen net wat jou gelukkig maak. Daar is soveel om voor dankbaar te wees. Neem dit in.

  • Robin Cloete studeer sielkunde en sosiologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy het groot geword in Kleinzee.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees nog meningstukke hier. 
  • Hierdie meningstuk is oorspronklik in Engels geskryf en na Afrikaans vertaal. Lees die Engelse weergawe hier.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.