Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Dís wat ons alles by honde kan leer
Two Golden retriever dogs running after each other

Met die skuif na vlak 1 van die staat van inperking is daar nou waarskynlik groot ontsteltenis onder een groep belanghebbendes: honde.

Stel jou voor, maande lank is jou mense byna almal heeldag by die huis. Nou gaan hulle almal terug werk toe en jy sit alleen tuis.

Die verhouding tussen mense en hul hond (of ’n hond en sy mense) bly maar iets anders. Almal dink hul hond is die beste, en hulle is waarskynlik nie verkeerd nie, want elke hond het die een of ander unieke kenmerk: ’n Worshond het die houding van ’n hond drie maal sy grootte, labradors is so tuis in water soos ’n rob, ’n rifrug het ’n eiesoortige skewe draffie soos ’n ou Checkers-trollie, en met daai breëbek-glimlag sou jy sweer ’n staffie het ’n humorsin.

Tog is daar honde soos Nonna, my oupa se foksterriër-dobermann-kruis van jare gelede. By haar was daar nie sprake van goedigheid of genade nie, nie met vreemdelinge nie en selfs nie huismense nie. Enige inkommer is summier aangeval, met my oupa wat wanhopig “Vrede! Vrede!” agternaroep – te vergeefs, want Nonna het eers gebyt en dan geblaf.

Marietjie Booyens
Marietjie Booyens

Vyf jaar nadat ’n nutsman ’n brandblusser by my oupa-hulle geïnstalleer het, moes hy kom inspeksie doen. Hy het geklop en toe my oupa die deur oopmaak, het die nutsman die deurknop vasgegryp en deur die skrefie gevra: “Is Vrede nog hier?”

Vrede sou ’n heel skaflike naam vir ’n hond wees, en ek het al ’n paar kreatiewes teëgekom: Zorro (’n dalmatiese hond met twee groot swart kolle om sy oë), Iago (’n droewige dashond), Bear (’n enorme bernse sennenhond), Stukkie-ding (’n jackrussell), Brood (’n saloeki) en Remix, wat so ietsie van alles gehad het.

Honde kom ook in kombinasies: Smiley en Skroef, Apollo en Sputnik, Karoo en Stof, Poochie en Oortjies, Pepsi en Snuffels . . .

My gunsteling bly dié van ’n swart labrador en foksterriër: Shadow en Twakkie (sal ook goed werk vir ’n Suid-Afrikaanse buddy cop-fliek).

Ons skaaphond se naam was Krismis, want ons het haar op Kersdag gekry. Sy is in Maart vanjaar, ’n paar maande voor haar 16de verjaardag, dood.

As jy soveel tyd saam gegun word, besef jy daar is baie te leer by honde.

Hou jou oog op die bal. Slaap is belangrik. Stop and smell the flowers. Soms is dit lekker om gemors(kos) te eet. Vergewe, want as iemand op jou stert (of tone) trap, is dit nie die einde van die wêreld nie.

Behou ’n goeie selfbeeld (oftewel, lek partykeer jou eie gat).

Al het jy die gewoonte om ander se st*** op te eet, is dit nie altyd die beste plan nie. Stap eerder weg as iemand kwaai met jou praat.

Wees onbeskaamd en onvoorwaardelik lief vir jou naastes. Maak jou merk sodat ander weet jy was daar.

’n Paar jaar gelede kuier ons by familie naby Oudtshoorn. Ek ontmoet van my jonger “niggies”, verlangs verwant. Terwyl hulle met die honde op die grasperk speel, hoor ek hoe roep iemand: “Vrede! Vrede!”

  • Marietjie Booyens studeer LLM aan die Universiteit Stellenbosch.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.