Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Dít is die ‘hart’ in hartsmens
Anke Eksteen
Anke Eksteen

Wat beteken die “hart” in hartsmens nou eintlik?

Die Collins- Suid-Afrikaanse woordeboek definieer die term “hart” as die “mees sentrale en belangrike gedeelte van iets.” Die hart verteenwoordig ook wêreldwyd dinge waarvan of mense van wie ons regtig baie hou, en/of selfs liefhet.

Of dit nou ’n vriend of vriendin is, ons almal het een of twee mense in ons lewe wat loshande jou “mens” is.

Jy weet, jou beste vriend of vriendin, jou raadgewer, die mens na wie toe jy sal draai as jy ’n skouer nodig het om op te huil of wat ’n nagmerriedag met een van hul grappies in ’n oogwink kan opkikker.

Die soort mens wat jy na ’n braai sal nooi, wat ’n veer voel vir jou persoonlike spasie, wat die gapings van jou herinneringe sal invul, want hulle is heel waarskynlik deel daarvan. Die soort wat boekdele oor jou lewe kan skryf danksy laat oggende se koffie-rapporterings oor laat aande se verwikkelinge van die afgelope naweek.

Die soort wat middernagtelike ure in Julian’s en Nubar, asook die biblioteek en die SS, saam met jou deurgebring het. Die soort wat saam met jou jubel oor puberteit as julle na ou foto’s kyk.

Jy weet, jou beste vriend of vriendin, jou raadgewer, die mens na wie toe jy sal draai as jy ’n skouer nodig het om op te huil of wat ’n nagmerriedag met een van hul grappies in ’n oogwink kan opkikker.

Dit is ook die soort wat jy elke dan en wan sien, en steeds land en sand mee gesels asof julle nooit van mekaar geskei is nie. Die soort vir wie jou ouers altyd sal liefdegroete stuur, omdat hulle basies soos nog ’n kind in jou huis is.

Koester hulle

Ja, ons hartsmense is nie noodwendig altyd goed met raad nie, ons wil hulle soms deur die gesig met ’n nat mop slaan (praat van liefde met gevoel), hulle teem en neul soms te veel oor die dinge van die lewe, klou dalk te veel vas aan hul “gloriedae” en maak ons ook soms seer.

Ons almal het verskillende familielede, vriende, vriendinne en kennisse wat deel is van ons lewe, en ja, net soos wat ’n sekere Berta nie jou “koppie tee” vir die dag is nie, is jy ook nie noodwendig haar gunstelingwyn nie.

Reël no. 1 van sielkunde: Elke mens is uniek. Een mens het baie verskillende emosies en buie, en daar kan letterlik net een eienskap wees wat jy van hom of haar geniet en wat maak dat julle oor die weg kom. Dis die prag van die menslikheid, met die een praat jy hartsake en saam met die ander een ponder julle die dag se studente-“special.”

As jy een of twee hartsmense in jou lewe het, koester hulle, asook die res wat die prent van jou lewe se agtergrond ’n bietjie kleur gee om daardie fynere detail by te voeg.

Dit is waar die hart in hartsmens inkom. Jou gees bots nie met die persoon s’n nie en die belangrike waardes stem ooreen. Jy steur jou nie aan hul kastige “tekortkominge” nie, want jy geniet liefs die eienskappe wat floreer saam met die persoon. Hulle is die sout van die aarde, jou hartsmense, want hulle bewaar jou hart.

As jy een of twee hartsmense in jou lewe het, koester hulle, asook die res wat die prent van jou lewe se agtergrond ’n bietjie kleur gee om daardie fynere detail by te voeg.

  • Anke Eksteen (21) studeer BSc Menslike Lewenswetenskappe met Sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het groot geword in die hart van die Karoo, Beaufort-Wes.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.