Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Donald Trump en sy legendariese aanval op logika'

donald trump
Donald Trump.

So die HAT (die 1985 uitgawe, jammer ek is ’n student en gevolglik het ek nie die geld vir die nuutste een nie) leer my ’n legende is iets of iemand wat as heilig beskryf kan word.

In dié geval is ek seker daar is mense wat hom wel só sal beskryf.

Verder leer ek ook dat legende kan beteken “ ’n verhaal wat nie op die werklikheid berus nie, maar op volksoorlewing”.

Dit is belangrik om uit te wys dat die oorlewing in dié geval heel moontlik, en miskien, ten spyte van my lockdown-legende is, maar dis nie die interessante deel nie – dít kom nog. Dis sekerlik ook vreemd dat baie van die woorde wat deur my lockdown-legende geuiter is, geklink het soos iets wat nie op werklikheid berus nie, maar dit het, en doen steeds.

Franco van der Berg
Franco van der Berg

Hierdie legende se legendariese, lekkerbekkige, lepelvoeragtige, leierskaplose leuens vol waninligting is nie net merkwaardig nie, maar daarmee saam iets wat die geskiedenis boeke tot in lengte van dae oor sal lag. Presies vir wie hulle sal lag, kan wel nog bevraagteken word aangesien geskiedenis deur die wenner geskryf word.

Ons vind binnekort uit wie die wenner van ’n geveg is wat die lewe van miljoene mense beïnvloed, en vir die volgende paar jaar ’n onvergelykbare impak sal laat vol struikelblokke wat die jonger generasie sal moet beveg, lank ná sy tragiese dood.

My lockdown-legende leer ons wanneer die somer en sy hoër temperature kom draai, sal ons minder van tannie Rona sien, gevolglik is ons Hartenbos-wegbreek al in Junie bespreek, want die legende is dan nou alwetend. Of toe nou nie?

Ek is nie ’n mediese kenner of ’n viroloog nie, maar ’n dramatiese styging gepaardgaande met die weer wat warmer word, bewys dan nou juis die teendeel van daardie ‘alternatiewe’ feit. Ek spekuleer ook net, want legendes is mos nou heilig en alwetend.

Maar wag, dié stuks eintlik soos ’n Verimark-advertensie, daar is nog.

My lockdown-legende leer ons ook deur ’n stoute brokkie “sarkasme, soos dit later genoem is, nadat elke dokter huisvrou, en redelike mens op straat kop verloor het, dat dit ’n goeie idee is om jouself met ontsmetmiddel in te spuit as teenvoeter vir tannie Rona… nou ja toe. Ten spyte van die geïmpliseerde hakies om sy woorde, beland talle mense in die hospitaal te danke aan die beste advies sedert Suid-Afrika se eie Doom Pastoor.

So, ’n meningsleier deel met sy onverantwoordelike pruimbekadvies, goed of nie, links en regs, en mense volg dit en sweer daarby, vir wat ek kan aflei is dit nou om een van twee redes:

1. Mense kan regtig nie meer vir hulself dink nie, en die redelike man op straat het ten einde laaste afgesterf.

2. Soos die definisie van legende sê, dink mense werklik dié siel is heilig, en sy woord ook.

My lockdown-legende se verdere (skyn)heilige woorde en dade sluit in staaltjies soos “die virus is regtig nie so erg nie”, terwyl hy in ’n kwansuis ondeurdringbare borrel vol toetse, maskers (nooit sy eie nie) en die beste hulp wat bestaan sit. Niks is seker so erg as mens in ’n bunker sit nie, of hoe? Interessant genoeg, ondanks sy borrel, hittegolwe, binneaarse ontsmetmiddel, onredelikheid, en (skyn)heiligheid het tannie Rona dit steeds reggekry om by hom te gaan kuier. Die beste mediese span, en al die adrenalien wat bestaan, het verseker dat die stomme siel steeds dink Covid-19 is eintlik nie so erg nie. ’n Tragedie, maar watter legende is nou eintlik voldoende sonder ’n stukkie tragedie?

Gevolglik is dit my onvoorwaardelike voorreg, om met die meningstuk die grootste lockdown-legende waaraan ek kan dink voor te stel, ’n legendariese ikoon wat op die voorgrond van die moderne aanval op logika en nugter denke staan; die wêreldberoemde klug, grapgat en nimmereindigende sarkastiese leier. Lesers, Donnie Trompop Trump.

  • Franco van der berg studeer BA kommunikasie aan die Noordwes-universiteit. Hy kom oorspronklik van Witbank in Mpumalanga.
  • Hierdie meningstuk is 'n inskrywing vir 'n kompetisie waar Die Student vir studente gevra het om 'n meningstuk oor 'n lockdown-legende te skryf. Die wenner stap weg met R5000.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.