Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Dosent wat tweede myl loop, maak die verskil
Chànde Frania van der Westhuizen
Chànde Frania van der Westhuizen

My ma vertel my gedurig dat mense kom en gaan in jou lewe. Soms is dit stil en soms is dit woelig, maar die stil tye moet jy gebruik om dié wie jy reeds het, te waardeer. Elkeen het eienskappe wat jou help vorm, leer en ontwikkel.

In 2018 het ek begin by die universiteit en ek was opgewonde oor die nuwe fase in my lewe. Nuwe mense en nuwe kennis. Met sommige studente was dit maklik om te gesels, ander was maar daar omdat dit hulle gedwing word om te studeer.

Die dosente was ’n ander storie. Hulle was so geïnteresseerd in jou kommentaar oor die werk dat die eerste vyf rye van die lesingsaal altyd leeg was, omdat almal agter gaan sit het.

Omdat die rye agter vol was, is ek gedwing om tussen ry een en vyf te kies. Toe gaan ek maar met drie, want die middel is veronderstel om veilig te wees. Dit gebeur toe so dat die middel nie so veilig was soos wat ek gedink het nie.

Die dosent het ingekom en haar oë het dadelik op my geval. Dit was Anastasia de Vries. Sy vra my iets en my eerste gedagte was dat dié vrou haar werk ken en onmiddellik voel dit soos ’n eksamenvraag.

Ná elke lesing het ek die klas met wysheid en inspirasie verlaat.

Ironies genoeg was die vraag ’n eenvoudige soort vraag soos “wat is jou naam en waar kom jy vandaan?”

Verstom antwoord ek die vraag. Ana het geglimlag en voortgegaan met die lesing.

Dit was vreemd, want hoekom wou die dosent oor my lewe weet as ons werk het om te doen. Soos die semester voortgegaan het was dit ’n gereelde ding: die een wie die vraag kry, stel hom of haar voor en gee die antwoord.

Die lesings by De Vries het gou die hoogtepunt van my week geword. In my tweede jaar het ons ’n klas van 30 studente gehad en dis toe waar ons die avonture van doktor De Vries gehoor het.

Ná elke lesing het ek die klas met wysheid en inspirasie verlaat. En as die tyd ons inhaal, het ons soos eendjies agter haar geloop na haar kantoor toe om nog stories te hoor, maar dan wag daar reeds ander studente wat ook iets meer wil weet. Een ding was vir seker: die verkeer wat in die Afrikaans en Nederlandse departement was, was weens dié kantoor.

Vanjaar was alles steeds dieselfde behalwe vir die klaskamer-effek. Met WhatsApp as die nuwe lesingsaal het dinge gou interessant begin raak. Al het ons partykeer meer as vyf stemposte op ’n slag gekry van De Vries af, het sy haar bes gedoen om dinge so normaal as moontlik te hou. En baie van my medestudente gaan met my saamstem dié klasse was besonders, veral toe De Vries leer hoe om emoji’s te gebruik!

Teorie was nooit ’n woord in haar woordeboek nie, want al het jy al die kennis van die wêreld, help dit nie as jy nie weet hoe om dit toe te pas nie. Dis dosente soos De Vries wat die tweede myl loop om haar studente te leer ken en hulle help om hulself te help.

Ek kan boeke vol skryf oor alles wat ek oor die drie jaar by haar geleer het, maar sy bly plat op die aarde.

  • Chànde Frania van der Westhuizen (20) studeer tans Afrikaans Nederlands en sielkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy woon in Kuilsrivier.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.