Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Dra jou gordel hierdie feestyd
Bianca Gouws
Bianca Gouws

“Drie gesinne rou.” Dit is een van die opskrifte wat in die Herold verskyn oor kinders wat in ’n motorongeluk dood is.

Ek kom een aand laat by die huis, en soos wat almal nou maar doen, gaan ek op Facebook, net om te sien dat een van die meisies wat saam met my op skool was, gesterf het. Sy was ’n paar jaar jonger en ons het mekaar nie goed geken nie, so nou en dan gesels en gegroet, maar haar dood het my hard getref.

Ek teken toe vir ’n gratis maand in op Netwerk24 om die berig te lees oor hoe sy dood is. Motorongeluk. Van daardie aand af voel dit vir my dat wanneer ek ’n koerant oopmaak, het nog ’n kind of student gesterf.

‘Sy wil nie vas wees nie’

Ek en my kêrel ry nou die dag McDonald’s toe en ek kyk na die motor wat langs ons by die verkeerslig staan. Ek draai toe die venster af en sonder om twee keer te dink sê ek toe: “Oom se kind is nie vas nie.” Die dogtertjie staan op die agtersitplek en hou aan die sitplek voor haar vas. Die man antwoord laggend: “Sy wil nie vas wees nie.”

Ek dink toe vies: Môre, oormôre rol die motor en dan is dit nou dié slegste ding wat kon gebeur, en hoe kon onse Liewe Here dit nou toelaat.

Ek dink toe vies: Môre, oormôre rol die motor en dan is dit nou dié slegste ding wat kon gebeur, en hoe kon onse Liewe Here dit nou toelaat.

Net twee dae later gaan ek en my kêrel saam met ’n klomp ander studente vir die naweek weg. My kêrel bestuur, ek in die passasier en ons vriend is uitgestrek op die agtersitplek. Weer maak ek my mond oop en sê dat hy hom moet vasgordel. Ná ’n lang gesmeek gordel hy homself knorrig vas.

Ná die naweek is die weer tyd om die lang pad terug koshuis toe te vat. En weer moes ek smeek vir die veiligheidsgordel om sy kliekgeluid te maak. Hy besluit toe dat dit te veel moeite is en gaan klim in die ander motor.

Rondgeval

Nou, my liewe mens, vra ek jou: “Voel jy net ’n veer vir jou lewe en myne?” Want dit is regtig nie baie moeite om jou vas te gordel nie.

Ek dink dit was op MythBusters waar hulle getoets het wat sal gebeur as die agterste passasier nie vasgegordel is nie. Die persoon het rondgeval in die motor en op die ou einde almal se dood veroorsaak.

Nou, my liewe mens, vra ek jou: “Voel jy net ’n veer vir jou lewe en myne?”

Hoekom is dit vir jou so moeilik om jou veiligheidsgordel te dra? En hoekom leer jy, as ouer, nie jou kind van kleins af nie? Ten spyte van al die bewusmaking op al wat ’n ding is, vee die mense hulle eenvoudige hieraan af.

Die laaste twee maande is al wat ek raaksien: Kinders wat in motorongelukke dood is. Ja, ek weet nie almal was sonder ’n veiligheidsgordel nie maar, die meeste was.

Dra, sal ek dit dra

Ek praat gisteraand met my vriendin hieroor, ons albei het tot die slotsom gekom dat ons nie meer wil bestuur nie, ook nie eers meer een drankie drink en in die motor klim nie. Die paaie is net te gevaarlik.

Dit is net kinders nie. Ons bure het geglo dat as jy agter sit, hoef jy nie die veiligheidsgordel te dra nie. So is hulle op pad terug van vakansie. Die oudste seun bestuur, pa in passasiersitplek langsaan, ma en jongste seun luilekker op die agtersitplek. Trok kom verby. Rukwind. Bakkie rol oor die ma. Dood.

Ek is grootgemaak met die veiligheidsgordel. Of dit nou my pla of seermaak – shame! Want dra, sal ek die ding dra. En dit is ook ’n reël in my motor.

Gil van pyn

Ek het twee reëls in my motor. Jy rook nie en jy dra ’n veiligheidsgordel. En boetie laat ek jou vang, dan noodstop ek so hard dat jou gesig merke los. En dit het ook al gebeur.

Mense verstaan nie hoe baie daardie swart gordel wat jou nek irriteer, help nie.

Die vriendin van my dra toe nie haar veiligheidsgordel nie. Ek was moeg en dit was laat, so ek het nie gekyk wie vasgemaak is nie. Sy sit toe in die middel agter. Seker 20 m van die koshuis af ry ’n motor voor my in en ek moes vinnig rem trap. En al wat ek sien, is die bos hare wat vorentoe vlieg, ’n “doep”-geluid en ’n gil van pyn. Gelag het ek wel, want ek het jou mos gesê.

Mense verstaan nie hoe baie daardie swart gordel wat jou nek irriteer, help nie. Ek dink dis tyd dat hulle dit begin besef. Die feestyd kom nader en baie mense gaan op die pad wees. So, laat ons daai “kliek”-geluid hoor.

  • Bianca Gouws (19) studeer BA Taal en Literatuur aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees nog meningstukke hier.
  • Volg Die Student op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.