SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Die Student
EDWIN SKRYF: Jy verdien 'n seisoen van selfsugtigheid
Edwin van der Walt.

“Ons lewens as akteurs is soos ’n emmer.” Dit is die woorde van een van my baie goeie vriende in ’n diep delfsessie.

Die afgelope twee jaar was onbeskryflik besig en as ’n akteur kla ’n mens glad nie. Jy ontmoet nuwe mense, sien interessante plekke en leer nuwe vaardighede.

Gemiddeld skiet ons in Suid Afrika vier weke aan ’n film of 12 weke aan ’n TV-reeks.

Tegnies is jy dan een tot drie maande besig om stukkie vir stukkie van jouself in ’n ander projek te stort. Jy moet emosies ontlok en elke oomblik wat die kamera rol of die gehoor na jou kyk, so eerlik as moontlik reageer in iemand anders (die karakter) se gedagtes.

Dit eis ’n tipe fokus wat jy nie aldag beleef nie. Ná ’n dag se verfilming kan jy vinnig asemhaal en môre doen jy weer presies dieselfde. In ’n besig jaar kan hierdie emosionele werk soms teveel raak…

Druppel vir druppel

Dit is waar die emmer water inkom. Ons lewens is soos ’n emmer vol water. Jy gee elke dag op stel bietjie vir bietjie van jouself en tap stadig maar seker die emmer leeg.

Druppel vir druppel.

Die bonus is, jy geniet elke oomblik daarvan want dit is jou passie en liefde, maar aan die ander kant van die spektrum gooi jy vandag net ’n druppel uit en môre, miskien onverwags, die helfte van jou emmer.

Jy het nodig om ’n selfsugtige seisoen vir jouself te vat.

Wanneer jou emmer leeg is, moet jy hom weer volmaak om te oorleef.

Jy het nodig om ’n selfsugtige seisoen vir jouself te vat. Dit beteken nie jy sluit almal uit en dink net aan jouself nie, inteendeel. Jy doen wat nodig is om jou emmer (jou innerlike wese, jou siel) vol te maak sodat jy weer genoeg water het om uit te tap.

Vir my is dit: Tyd met my geliefdes, ’n dag alleen deurbring, visvang, komediefilms, om stiltetyd te hou en om avonture aan te pak wat niks met my loopbaan te doen het nie.

Edwin van der Walt.
Maak seker jou emmer is altyd volgetap

Ek neem ’n selfsugtige seisoen om weer vol te word sodat ek juis weer in ander se leë emmers kan uittap. Dit is belangrik om soms ook weerloos te wees en water van iemand se emmer te ontvang maar net so belangrik om vir iemand naby aan jou te sê as hulle emmer amper naby aan leeg is.

Hierdie metafoor is universeel. Ons almal het nodig om af en toe ons emmers weer vol te maak en mekaar te herinner om dit te doen. Dit is goed vir jou verhoudings, gesondheid en siel.

Jy begin 2019 dalk met ’n vol emmer ná ’n Desembervakansie waarin jy uitgerus het. ’n Emmer water wat miskien opgewondenheid, angstigheid en onsekerheid vir die nuwe jaar bevat.

Onthou net om jou emmer hierdie jaar genoeg op te vul met ’n seisoen van selfsugtigheid sodat dit vir jou makliker raak om mense se emmers rondom jou vol te tap en sodat dit jou nie bang maak om uit te tap nie.

Maak 2019 die jaar waarin jy seker maak dat jou emmer altyd volgetap is, dit klink soos ’n Nicholis Louw-liedjie, maar hy loop…

  • Edwin van der Walt (27) is 'n akteur en gasskrywer vir Die Student. Hy het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Hy is in Pretoria gebore, maar het in Durbanville groot geword en aan die Hoër Jongenskool Paarl gematrikuleer.
Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.