Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Een stem is beter as nul, oom!'
Annami den Heyer
Annami den Heyer

In 1994 word Suid-Afrika 'n demokratiese land, die land van melk en heuning, die reënboognasie. Dié beskrywings klink so gelukkig, so regverdig en volmaak, maar is dit die realiteit?

Kyk vir ’n oomblik rondom jou, is jy gelukkig met dit wat jy sien? Indien nie, hoekom nie en wie is in beheer daarvan? Die slaggat in die pad, die krag wat heeltyd af gaan, die water wat nie skoon is nie en die pakkie suiker op Pick n Pay se rak wat al weer R2 duurder is.

Die ekonomie is moeg, moeg van korrupsie, die petrolprys wat op en af gaan, die geld wat nie invloei nie, is jy nie ook moeg nie?

Jou stem is nodig

Om te kan praat klink heel eenvoudig. Jy is van kleins af geleer hoe om dit te doen, dit kom vanselfsprekend. Al ooit gewonder hoe dit moet voel om nie te kan praat nie, al wat by jou mond uitkom, is blote niks en niemand luister nie.

Jy word geïgnoreer, want wie wil met iemand praat wat nie kan terugpraat nie, dit is tog hoe 'n gesprek werk dan nie?

Veronderstel jy is in 'n geselskap met die regering, jy kla oor al die probleme wat jy ervaar en kom vorendag met ’n oplossing, maar op ’n punt verdwyn jou stem en die regering hou op om te luister. Jy word geïgnoreer.

As jy nie geïgnoreer wil word nie, moet jy gaan stem vir die politieke party van jou keuse.

Kyk vir ’n oomblik rondom jou, is jy gelukkig met dit wat jy sien? Indien nie, hoekom nie en wie is in beheer daarvan? Die slaggat in die pad, die krag wat heeltyd af gaan, die water wat nie skoon is nie en die pakkie suiker op Pick n Pay se rak wat al weer R2 duurder is.

Voordat jy egter jou sê kan sê in die geselskap, moet jy ook luister. Luister na dit wat die verskillende partye sê, luister na hul leë beloftes, hul ongegronde jaloesie op ander partye en die vermetelheid van hul kritiek. Neem dit in en dink mooi voordat jy antwoord.

“Wat sal een stem help?” hoor ek die oom met sy moed in sy skoene sê. Oom, een is beter as nul. Staan op vir geregtigheid!

Die kruisie op die stembrief maak jou hoop ’n realiteit. Die hoop op beter mediese sorg, beter behuising, lopende water, ’n toekoms vir jou kind. Die hoop dat jou stem gehoor word. Tot hier toe en nie verder nie.

Suid-Afrika het jou stem nodig, Suid-Afrika het jou nodig.

Saam sal ons staan

Vir wie moet jy stem? Die vraag is nie vir wie nie, die vraag is waarvoor. Watter party sal vir jou gee wat jou toekom, vir jou gee wat jy verdien as Suid-Afrikaner wat bloed en sweet in jou land glo?

“And united we shall stand” teen dit wat ons hoop wegvat. Maak die volkslied jou stem.

Stem vir die hoendervleis wat jy kry as jy terugdink aan 1995 toe Suid-Afrika die rugbywêreldbeker gewen het, stem vir die trots wat jy voel as jy Chris Barnard se naam hoor, stem vir die trane in jou oë toe jy hoor Charlize Theron het 'n Oscar gewen en stem vir die oomblik toe tyd stil gestaan het toe jy die volkslied in die 2010 se sokkerwêreldbeker gesing het.

“And united we shall stand” teen dit wat ons hoop wegvat. Maak die volkslied jou stem.

  • Annami van den Heyer (20) is tans 'n derde jaar BCom Regte student aan die Noordwes-Universiteit.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie artikel is ‘n inskrywing vir Die Student se kompetisie oor die verkiesing. Lees die ander inskrywings hier.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.