Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Eerder jy as ek, meneer die President
Carla Otto
Carla Otto

Die laaste mens in wie se skoene ek tans wil wees, is jóúne, meneer President.

Van die moeilikste besluite moet deur jou geneem word in verband met die nasionale pandemie. Volgens my is daar twee moontlike opsies: sien ons om na ons land se burgers en straf ons reeds sukkelende ekonomie verder, óf neem ons die huidige tegniese resessie in ag, maar staan duisende burgers met sukkelende immuunsisteme af aan Covid-19?

Alhoewel ’n groot groep mense hul gedrag begin aanpas het sedert die aankondiging van die nasionale ramp, was dit vir my kommerwekkend om te sien hoeveel van ons mense hulself aan die president se eerste waarskuwing afgesmeer het.

Die regulasie oor sosiale afstand is nie net ingestel vir jou eie gesondheid nie, maar vir die gesondheid van jou geliefdes en medeburgers ook.

Op ’n konstante basis is die studente se stories op Instagram opgedateer met nuwe sosiale vergaderings: ’n braai, die bodybuilder-seuntjies op pad strand toe en Mejuffrou Instagram by die nuutste alternatiewe restaurant besig met content creation. Ek meen, dit is vakansie – die studente se gunsteling-tyd om sosiaal te verkeer.

Wel dan, en die aand voor ’n eksamen. En dan nog nie eens gepraat van die nuwe paartjies nie. Ek weet dit is moeilik, jy het nou net daardie outjie of meisie van jou drome ontmoet. Julle kan nie jul hande van mekaar afhou nie. Maar dis beter om jou afstand te hou, want die moontlikheid is daar dat een van julle die virus opdoen en dalk is daar dan niemand om vas te hou nie.

Die president het sy stem dik gemaak soos ’n streng ouer en die land se burgers na hul kamer gestuur, met die instel van ’n algehele inperking in die land.

Ek kan my net indink hoe moeilik die huidige stand van sake moet wees vir die president. Vir elke oplossing is daar ’n opoffering wat gemaak moet word, en nie ’n maklike een nie.

’n Baie goeie leierskapsbesluit, as enigiemand my mening sou vra.

Wat my verder bekommer is ons reeds sukkelende ekonomie en hoe dit die ekonomiese nagevolge van die pandemie gaan dra.

Die president is nie onbekend met die ekonomiese terme en invloed van resessie nie. Inteendeel, die tegniese resessie waarin ons ons tans bevind, is die derde resessie sedert 1994.

Meneer die President, vandag wil ek net sê ek is tróts: trots dat u ons president is en trots op die besluite wat geneem word. Die land staan agter die aangekondigde besluite.

Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers is -1,4% vir die laaste kwartaal van 2019, volgens Statistieke Suid-Afrika. Ek dink eerlik die president se toespraak is uitgestel omdat moeilike besluite geneem moes word wat die land se ekonomiese aktiwiteite betref. Wat ek wel vir seker weet: enige ekonomie kan in duie stort, maar dit kan ook reggeruk en herbou word.

Baie mense was ongeduldig oor die uitstel van die toespraak, maar ek is saam met die president. Ek verkies eerder weldeurdagte besluite pleks van afgerammelde leë gedagtes wat oorgedra word deur ’n marionet.

Ek kan my net indink hoe moeilik die huidige stand van sake moet wees vir die president. Vir elke oplossing is daar ’n opoffering wat gemaak moet word, en nie ’n maklike een nie.

Meneer die President, vandag wil ek net sê ek is tróts: trots dat u ons president is en trots op die besluite wat geneem word. Die land staan agter die aangekondigde besluite.

Meneer die President, jy het jou deel gedoen, nou moet ons as nasie saamwerk en ons kant bring.

Nkosi Sikelel’ iAfrika.

  • Carla Otto is besig met BCom-honneurs in entrepreneurskap aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Sy het reeds ’n graad in BCom Kommunikasiebestuur en kom oorspronklik van Vereeniging af.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!
  • Ons stuur elke Vrydag ‘n nuusbrief uit met die drie gewildste meningstukke van die week. Klik hier en teken in vir die Stemme-nuusbrief.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.