Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Ek bid vir jou, Suid-Afrika!
Marelize Vermeulen
Marelize Vermeulen

Ek rol in my bed rond, en die nat, koue kussing onder my wange help nie die saak aan nie.

Hier in Letland sit ek vir die eerste maal sedert my aankoms met ’n loodswaar hart.

Die nuushooftrekke en sosialemedia-pleidooie uit my reënboogland, my Suid-Afrika, het my gemoed al die hele dag in ’n beklemming.

So baie misdaad

Ek het soveel vrae en soveel seer.

My hart breek vir kleine Amy’Leigh, terwyl dit steeds vir Meghan treur. Uyinene bind my hart in eenheid met elke student en jong dame, wyl my gedagtes bly by die jeugleier Jesse en haar oupa in Parow, en my sussie wat net om die hoek bly. Janika en Lynette se stories laat my hare regop staan.

En Leighandre se bokshandskoene is nou dalk leeg, maar gevul met soveel wat vandag besluit het genoeg is genoeg, en die boksring van bewusmaking betree het.

Die laaste twee weke het ek vir die eerste maal werklik agtergekom hoe ons geforseer is om in Suid-Afrika te lewe en dit as normaal te aanskou.

Ek sit met my grootste droom en geleentheid ’n absolute realiteit in een van die veiligste stede in die wêreld, terwyl ek net kan bid vir die veiligheid en beskerming van my hele wêreld by die huis.

Die laaste twee weke het ek vir die eerste maal werklik agtergekom hoe ons geforseer is om in Suid-Afrika te lewe en dit as normaal te aanskou.

Die status quo

Is dit ’n lewe as ’n mens permanent oor jou skouer moet loer en elke persoon as ’n potensiële gevaar te aanskou? Waar mens, as dame, te bang is om helder oordag 500 m iewers heen te stap. Pepersproei is deel van jou drafpakkie en ook ’n noodsaaklike item in jou motor.

Ek gesels vandag met een van my woonstelmaats van Duitsland oor alles wat tans in Suid-Afrika aangaan en sy sê op ’n stadium vir my: “Die wêreld wat jy tans beskryf, die vlak van onsekerheid en onveiligheid kan ek nie eens aan dink nie. Dit is hoe onwerklik alles wat jy nou sê vir my klink.’’

LEES OOK: Liewe vrou, het ons die oorlog verloor?

So my groot vraag vandag is hoe het ons tot op ’n vlak gekom waar dit net aanvaar word, waar dit so ’n deel van ons lewens geraak het dat ons nie eens meer twee maal dink oor hoe verkeerd dit is nie?

Gekniel bid ek vandag vir my wêreld en vir my land, my Suid-Afrika.

Staan sterk, susters

Ek sê dankie vir elke dame wat vandag besluit het om ’n standpunt in te neem. Genoeg is genoeg.

Gekniel bid ek vandag vir my wêreld en vir my land, my Suid-Afrika.

Ek weet dis dalk baie gesê van iemand wat in Letland sit, maar wanneer ek my graad kry, wil ek weet ek het die geleentheid om huis toe te kom na ’n Suid-Afrika waar ek my kinders kan grootmaak.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.