Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ek dink nie meer aan apartheid as ek wit mans sien nie'
Jodi Jantjies
Jodi Jantjies

As ’n coloured meisie van Mitchells Plain, was ek baie narrow-minded oor die konsep van ras en diversiteit.

Ek dink nie eens ek het geweet wat diversiteit beteken nie. In 2016 het ek besluit om deel te neem aan ATKV Crescendo se liedjieslypskool. Die hele ervaring het my lewe verander! Ek dink dit was ook die eerste keer dat ek die woord diversiteit verstaan het.

Ek het taamlik erg gehakkel en myself gesweer tot stilte, veral rondom vreemde mense. Ons het ons eerste slypskool in Durbanville gehad, ook ’n vreemde plek met vreemde mense. Daar was soveel mense met verskeie kulturele agtergronde. Ek was doodbang.

By die slypskool is ek nie net gewys hoe om liedjies te skryf nie, maar ook geleer om myself te waardeer ondanks my vrese. Ek dink nie ek was gereed vir wat uit daardie proses gekom het nie.

Ons het uitdagings gehad om oor verskeie goed te skryf, kinderliedjies, liedjies oor mense, liedjies wat vir jou iets beteken. Toe kry ons die ultimate challenge om te skryf oor iets wat ons diep raak.

Ek dink ons het sowat twee uur gekry om die liedjie te skryf en toe vloei dit. Ek dink nie ek het al ooit so magteloos en terselfdertyd powerful gevoel nie. Asof ek ’n outer-body experience gehad het, die woorde het so naturally gekom.

Toe ek klaar is, het ek besef dat ek geskryf het oor my hakkel, dat ek geskryf het oor hoe ek dit kan oorkom. Dit was net ’n paar woorde wat my hele lewe verander het. Ek wens ek het genoeg woorde om daardie moment te beskryf, die heiligheid van daardie oomblik, daardie oomblik van becoming, dit was beautiful.

My hart het verander 

Ek dink die konstante support van die mentors was die grootste hulp, veral ’n spesifieke Morné, die krag agter die hele organisasie. Elke keer as ek so eenkant gesit en peins het, het hy my kom haal, elke keer as ek skaam was vir interaksie, was hy net daar.

Weer wens ek ek het genoeg woorde om die significance van elke liewe interaksie met Morné te beskryf, die tuiste wat jy voel, die warmte.

Ek dink God het my gesien, my ignorance, en besluit om my lewe in ’n koers te stuur.

Ek was geïntimideer, ek was ’n naïewe 15-jarige meisie wat die wêreld glad nie ken nie en net een ding verstaan het in my kort lewe: Wit mense is altyd, en sal altyd daai man wees in apartheid wat my ma’le gejaag het, wat my ouma gepla het en my oupa geslaan het.

Met daardie woorde, daardie soort angs, het ek saamgeloop, as ek wit hande geskud en ’n Afrikaans gehoor het wat ek nog nooit in my hele gehoor het nie.

Maar my hele hart het verander. Ek dink God het my gesien, my ignorance, en besluit om my lewe in ’n koers te stuur. God wys my dat ’n Danie glad nie vreesaanjaend is nie, dat ’n Danie my stem was toe ek te bang was om myself voor te stel, dat ’n Danie sonder gekla hand opgesteek het en my gedagtes gedeel het toe ek nie kon nie. Danie was net mens, soos ek.

LEES OOK: Vervang vrees met hoop

God wys my dat ’n Malindi ’n beste vriendin kan wees, dat ’n Malindi daar kan wees om saam met my te lag, en my woorde, en my gedagtes en my siel te verstaan en te waardeer, dat ’n Malindi my kan opdra in gebed.

God wys my dat ’n Morné nie ’n man met geld en outoriteit is wat my klein laat voel nie, Morné was daar om my aan ander harte voor te stel wat soos myne klop, ’n ritme wat ek nie eens verstaan het nie.

Toe het ek hoop gekry

Ek ontmoet toe ’n man wat net soos ek hakkel en wat die mees amazing rymkletser is wat ek al ooit in my lewe teëgekom het. Hy vertel my van sy hakkel en sy lewe en ek was onmiddellik tuis.

Deur dié ongelooflike mense skryf ek ’n song wat my binnestes laat bewe en ek besef dat ek heeltemaal verkeerd was oor als, die lewe, die wêreld, God, als. Dat dit nie saak maak of dit ’n wit of bruin hand is wat joune vat en saamstap om die lewe net so bietjie makliker te maak nie, dat dit alles net kleur is, dat ’n mens, mens is.

Morné was nie meer vir my ’n wit man nie. Morné was nie meer daardie man wat ek imagine het as ek van apartheid en sy horrorstories hoor nie ...

Morné was ’n man, ’n man wat my hande gevat het en my geleer het dat ek goed genoeg is. Morné was ’n pa. Morné het my stem gegee en my die woord humanity laat verstaan toe hy hom sonder vrees en sonder gemoan in ’n bruin gemeenskap, in die hartjie van geweld, in die flat van ’n tannie tuisgemaak het asof daar niks verkeerd is met die kleur van sy vel nie, asof daar niks verkeerd is met ons wêreld nie.

Ek is nie meer dieselfde mens nie, ek het nooit weer dieselfde gedink nie.

Morné dra nie ’n masker nie, Morné het my hoop gegee dat die mense daar buite wat nog dink soos ek gedink het, se ignorance en naivety hulle blind maak. Hulle kan nog verander.

Morné gee my hoop, hoop vir my, vir ons mense, vir Suid-Afrika en die wêreld. Ek is nie meer dieselfde mens nie, ek het nooit weer dieselfde gedink nie.

Morné gaan nog baie Jodi’s ontmoet en daar gaan nog baie oor hom geskryf word.

  • Jodi Jantjies studeer aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy woon in Mitchells Plain.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie meningstuk is deel van 'n kompetisie vir Die Student, waar ons vir studente gevra het om hul stories van hoop met Netwerk24 te deel. Klik hier om die meningstukke te lees.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!
  • Ons stuur elke Vrydag ‘n nuusbrief uit met die drie gewildste meningstukke van die week. Klik hier en teken in vir die Stemme-nuusbrief.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

WIL JY R5000 WEN?

Skryf in vir Die Student se rubriek-kompetisie! Kyk die video vir al die details.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Diestudenthoop  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.