Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ek droom van 'n tafel waar alle SA'ners kan kom aansit'
Marcelle Samons
Marcelle Samons

Ek gaan stem, want ek droom dat alle Suid-Afrikaners aan een tafel kan sit. ’n Suid-Afrikaanse feesmaal. Gelykheid is die wyn. Vryheid en geleentheid is die voorgereg.

Uitnemende dienslewering, grondwetlike optrede en werkskepping word bedien as die hoofmaaltyd.

Die nagereg is natuurlik die restaurant se spesialiteit: eenheid in diversiteit. Ek gaan stem, want ek droom dat alle Suid-Afrikaners aan een tafel kan sit.

Noem my ’n idealis, ’n dromer of ’n naïewe student. Net soos jy wil – ek het dit alles al gehoor. Eintlik is ek net ’n trotse en patriotiese Suid-Afrikaner met ’n droom. ’n Klaarblyklike omstrede droom.

Die droom klink vir party mense net soos ’n droom – waansinnig en iets wat vergeet moet word wanneer jy wakker word.

Die droom is eintlik nie net meer ’n droom vir my nie. Dit is ’n oortuiging – Suid-Afrika kan werk! Ek glo dat dit nie so ’n belaglike idee is nie. Ek glo dat dit haalbaar is.

Hoe? Die oomblik wat Suid-Afrikaners hul stoele aan dieselfde tafel inneem. Hierdie tafel sal ’n forum wees vir verantwoordelike gesprekvoering. ’n Vaderlandsliewende geleentheid.

Dit sal ’n geleentheid wees om na mekaar te luister en nie net om mekaar te hoor nie. ’n Kans om glasie sjampanje te klink ter viering van die vordering wat ons al gemaak het (want dit word veels te min gedoen).

Dit sal ’n geleentheid wees om na mekaar te luister en nie net om mekaar te hoor nie. ’n Kans om glasie sjampanje te klink ter viering van die vordering wat ons al gemaak het (want dit word veels te min gedoen).

Ek droom van hierdie Suid-Afrikaanse feesmaal. Enige iemand is welkom by Jesus se tafel en daarom glo ek dat alle Suid-Afrikaners op die hande gedra moet word terwyl hulle aansit vir die ete.

Sinvolle gesprekke nodig

Dit gaan beslis nie heeltyd sorgvry wees nie. Ons sal sinvolle gesprekke moet voer oor ernstige en debatteerbare sake, maar dit sal definitief nie so morsig wees soos dié wat tans op sosiale media gevoer word nie.

Ek glo dat hierdie droom ’n werklikheid kan word.

Die Grondwet befonds reeds die maaltyd met vryheid, gelykheid en dienslewering. Die regering moet die tafel dek en ’n uitnodiging stuur aan elke Suid-Afrikaner.

Die Grondwet befonds reeds die maaltyd met vryheid, gelykheid en dienslewering. Die regering moet die tafel dek en ’n uitnodiging stuur aan elke Suid-Afrikaner.

Tans sit Suid-Afrikaners aan verskillende tafels met baie kieskeurige gashere. Die gashere voer sy gaste geurlose beloftes. Ander Suid-Afrikaners (dié wat nie ’n uitnodiging ontvang het nie) gaan slaap honger. Soms is daar nie elektrisiteit om die ete voor te berei nie.

Dis onteenseglik dat die huidige regering faal in sy plig as gasheer. Die huidige nepotistiese regering dek net die tafel vir sekere landsburgers. Net sekeres word kos bedien terwyl ander met ’n le? maag tevrede moet wees (terwyl hulle eintlik vir ’n maaltyd betaal).

Nee vir dié wat polariseer

Hierdie mislukte maaltyd ontmoedig my egter nie. Inteendeel, dit is juis wat my dryf. Ek gaan stem vir die party wat alle Suid-Afrikaners met ope arms verwelkom.

Ek is nie seker of hierdie party ’n warm ete elke dag vir die volgende vyf jaar sal kan bedien nie, want niemand van ons weet wat môre inhou nie. Ek is ook nie seker of hierdie party foutloos sal wees nie – van die beste sjefs in die wêreld maak ook af en toe foute.

Ek weier om vir enige party te stem wat Suid-Afrika verder polariseer. Ek is moeg vir die verdeeldheid. Ek wil my stoel inneem aan die tafel van eenheid in diversiteit.

Waarvan ek wel seker is, is dat ek in my hongerte omring sal wees met nog miljoene trotse en vasbeslote Suid-Afrikaners. In tye van nood, verkies ek buitendien ’n warm en verwelkomende hart bo ’n warm ete.

Ek weier om vir enige party te stem wat Suid-Afrika verder polariseer. Ek is moeg vir die verdeeldheid. Ek wil my stoel inneem aan die tafel van eenheid in diversiteit.

Ek RSVP vir my plek op 8 Mei 2019. Hoop om jou daar te sien!

  • Marcelle Samons (20) studeer BA Regte aan die Noordwes-Universiteit. Sy kom oorspronklik van Vanderbijlpark.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie artikel is ‘n inskrywing vir Die Student se kompetisie oor die verkiesing. Lees die ander inskrywings hier.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.