Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'My stem tel baie'
Kananelo Mokoena
Kananelo Mokoena

Om te stem is een van ons regte in Suid-Afrika. Suid-Afrika is ’n demokratiese land, en dit beteken dat jy vir enige party kan stem.

Die meeste mense stel nie meer daarin belang om te stem nie weens al die leë beloftes wat politieke partye al aan hulle gemaak het. Mense dink ook dat hul stem nie ’n verskil sal maak nie en is daarom huiwerig om te stem.

Ek het ’n sekere politieke party gekies en gaan vir hulle stem omdat ek glo dat hulle ’n verskil kan maak in ons land.

Ek ondersteun hul beleid en glo in die planne wat hulle vir ons land het, veral in die kleiner, minder ontwikkelde dele. Ek voel dat my stem hier ’n verskil sal maak.

As ek vir dié spesifieke party stem, glo ek dat ons land se ekonomie sal groei, en dat ons onderwysstelsel verbeter sal word. Soos sake staan, is daar groot fout met ons onderwysstelsel.

Baie leerlinge wil nie matriek toe gaan nie, en wil nie gaan studeer nie, omdat daar so baie dinge is wat hulle nie verstaan nie. Ek dink aan die toekoms van hierdie kinders en wil juis daarom graag stem. Ek hoop dat hierdie leerlinge in die toekoms gratis ’n universiteit sal kan bywoon.

As ek vir dié spesifieke party stem, glo ek dat ons land se ekonomie sal groei, en dat ons onderwysstelsel verbeter sal word. Soos sake staan, is daar groot fout met ons onderwysstelsel.

My stem tel baie. As ek vir die regte party stem, kan daar meer werkgeleenthede geskep word vir almal wat werkloos is. Ons weet dat daar baie mense in Suid-Afrika is wat arm is en honger gaan slaap.

Daar is selfs skole wat nog puttoilette het, dit kan ook reggestel word. As daar meer polisiebeamptes aangestel word, kan misdaad selfs afneem.

Glo dat elke stem tel

My stem sal ’n verskil maak en mense se lewe verbeter, dit kan moontlik bydra tot ’n beter gesondheidstelsel, wat mense kan help wat op afgeleë plekke bly en nie maandeliks hul kroniese medisyne kan bekom nie.

Ek gaan stem, want as die politieke party wat ek gekies het ’n setel in die parlement kry, sal hierdie party my verteenwoordig en sal ek die reg hê om te kla oor dienslewering as ek dit nie kry nie. En dit sal hulle weer bemagtig om dít wat verswak het, reg te maak.

My stem sal help dat ons land se rioolstelsel en infrastruktuur verbeter word, deur te verseker dat mense met die regte kennis in hierdie velde aangestel word.

My stem sal bydra tot die vermindering van die baie kerke in ons land. Dit sal help dat net mense met teologiese kwalifikasies magtiging het om in kerke te werk. Ons het onlangs in die nuus gelees van predikante wat beweer dat hulle mense uit die dood uit opgewek het.

Ek dink die mense in Suid-Afrika is moeg om kerke op elke hoek te sien wat net daarop uit is om jou geld te vat.

My stem sal help dat ons land se rioolstelsel en infrastruktuur verbeter word, deur te verseker dat mense met die regte kennis in hierdie velde aangestel word.

Ten slotte wil ek net weer beklemtoon dat jou stem ’n groot verskil kan maak. As jy nie stem nie, het jy nie die reg om iets te sê oor die probleme rondom jou nie. As jy stem, het jy wel die reg om te kla as dinge nie reg is nie.

  • Kananelo Mokoena studeer BA Kommunikasie aan Unisa. Sy bly in Phahameng buite die klein dorpie Bultfontein.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie artikel is ‘n inskrywing vir Die Student se kompetisie oor die verkiesing. Lees die ander inskrywings hier.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.