Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Ek glo ons kan ’n beter SA bou

Beste mnr. Ramaphosa,

Ek is Kyla Müller, 20 jaar oud en ’n LLB-student aan die Universiteit van Pretoria.

Kyla Müller
Kyla Müller

Ek wil graag die toekoms van Suid-Afrika bespreek.

My toekoms, ander se toekoms, ons toekoms.

Vra enige burger van ons land hoe hulle oor hul toekoms hier voel en jy sal verskeie antwoorde kry: “Daar is geen toekoms vir ons land nie”, “Daar is ’n toekoms as almal saamwerk”, “My toekoms lyk beter oorsee”. Klink dit bekend?

Ek is een van die optimiste in ons land wat glo dat as elke burger fokus op wat ons vir mekaar en vir ons land kan doen, in plaas daarvan om op die verskille tussen rasse, kulture, geslagte en godsdienste te fokus, kan ons Suid-Afrika verander.

Ons toekoms is blink as ons almal besef wat verwag word van ons en verantwoordelikheid vir ons eie gedrag neem.

Daar is slegte dele in elke land, ja, selfs oorsee.

Wanneer ons verby ons verlede kan beweeg en die slegte jare kan gebruik as motivering vir ’n sterker toekoms waar ons almal as trotse Suid-Afrikaners kan saamstaan.

Vertou op die in beheer

My voorstel vir alle Suid-Afrikaners is om te vertrou dat die mense in beheer die regte keuses sal maak. My voorstel aan u, mnr. Ramaphosa, en vir almal in gesagsposisies, is om besluite te neem wat die land in geheel sal bevoordeel.

Dit sal slegs kan gebeur as korrupsie in alle ondernemings, partye en dele van die regering uitgeroei word.

My voorstel aan u, mnr. Ramaphosa, en vir almal in gesagsposisies, is om besluite te neem wat die land in geheel sal bevoordeel.

As ons wil aanbeweeg van swak ekonomiese toestande en die land weer verenig, sal diegene in gesagsposisies vinnig ’n plan moet maak.

2019 klink na ’n goeie jaar om die land weer reg te ruk. Ons land het die moontlikheid om sy status in die wêreld te verbeter, om ekonomiese groei te bevorder en om werkloosheid en armoede uit te skakel.

LEES OOK: God het jóú gekies, mnr. Ramaphosa

Ons werkloosheid, armoede, verkragting- en moordsyfers is te hoog om enigiemand te oortuig om in ons land te bly.

Suid-Afrika word gesien as die “rape capital of the world” en as so ’n beskrywing nie genoeg is om enigiemand die land uit te laat vlug nie, is die 26,7%-werkloosheidsyfer ’n goeie rede.

Suid-Afrikaners is bang!

Mense is bang om in Suid-Afrika te woon en kan ons hulle blameer as gemiddeld 49 mense per dag vermoor word? Hoe kan ons mense oortuig om te bly as daar ongeveer 200 000 mense dakloos is?

Mnr. Ramaphosa, die land maak op jou staat. Die land en die wêreld kyk na jou om te sien wat ons toekoms inhou. Hulle kyk na jou en die ANC om te bepaal of hulle in die land wil bly of wil trek.

Mense is bang om in Suid-Afrika te woon en kan ons hulle blameer as gemiddeld 49 mense per dag vermoor word?

Daar is, as ’n mens na ons syfers kyk, geen rede om optimisties te wees of om mense aan te spoor om te bly nie.

Tog is ek optimisties en vertrou dat u die beste vir ons land gaan doen.

Ek het geen statistieke wat my optimisme regverdig nie, maar ek wil vir u sê dat ek hoop vir ons land het en glo ons kan uit hierdie negatiewe lig tree en saam ’n beter Suid-Afrika bou.

Groete

Kyla Müller

  • Kyla Muller (20) studeer LLB aan die Universiteit van Pretoria. Sy kom oorspronklik van Kempton Park in Gauteng.
  • Hierdie berig is 'n inskrywing vir Die Student se kompetisie Beste Cyril...
Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.