Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Ek het gerusstelling nodig, meneer die president

Beste Cyril, (my ouers het my nie grootgemaak om die president op sy voornaam aan te spreek nie, maar ongelukkig vereis hierdie kompetisie dit. Van nou af sal ek u meneer die president noem.)

My naam is Liebet Pretorius. Ek is ’n 21-jarige joernalistiekstudent aan die Universiteit van die Vrystaat.

Ek is 'n trotse Suid-Afrikaner

Liebet Pretorius

Ek het pas my tweede jaar voltooi. Ek is ’n baie trotse Suid-Afrikaner. Thuma Mina, meneer die president, Thuma Mina.

My vriende en ek het politieke diere geword en volg die politiek sedert u inhuldiging. Skielik lyk dit of daar hoop onder die jeug is.

Enersyds is ons baie positief, maar andersyds is ons bekommerd oor ons toekoms in hierdie land. Suid-Afrika is my huis. Ek ken nie ’n ander plek nie, daar is nêrens anders waarheen ek kan gaan nie en ek wil ook nie.

Ek wil 'n verskil maak!

Ek wil bitter graag ’n verskil in hierdie land maak en daarom hoop ek om my binnekort by die perskorps aan te sluit.

Ek word egter gebombardeer deur negatiwiteit. Of ek nou die nuus kyk of op sosiale media is, word ek toegegooi met korrupsie, oneerlikheid en selfverryking deur mense wat veronderstel is om ons leiers te wees.

Daarin, meneer die president, lê my vraag. Ek wil graag glo dat jy die spreekwoordelike nuwe besem is wat hierdie huis, wat ons Suid-Afrika noem, skoonmaak.

Of ek nou die nuus kyk of op sosiale media is, word ek toegegooi met korrupsie, oneerlikheid en selfverryking deur mense wat veronderstel is om ons leiers te wees.

Ek bekommer my soms daaroor of jy die politieke ruimte het om die vrot appels uit die mandjie te verwyder.

Ek is bekommerd oor ons onlangse kragonderbrekings. Ek is bekommerd oor die prys van brandstof.

Laastens is ek bekommerd of ek ’n werk sal kan kry in hierdie pragtige land van ons.

LEES OOK: Beste Cyril, kom ons verander ons toekomsvisie

So hier is my vraag: Kan u die vryheid van die media in die toekoms waarborg? Vir my was die pers die instrument wat die korrupsie en diefstal in die laaste jare blootgelê het.

Dit is egter ontstellend dat die druk op die media toeneem. Natuurlik glo ek dat die media altyd op ’n eerbare en moreel verantwoordbare manier moet optree, maar is dit aanvaarbaar dat sommige opposisiepartye joernaliste persoonlik aanval?

Ek bekommer my soms daaroor of jy die politieke ruimte het om die vrot appels uit die mandjie te verwyder.

Die SAUK-8 is nog vars in my geheue. Ek is seker, meneer die president, dat u die redaksionele inmenging van die onlangse verlede onthou.

Dit het agt dapper joernaliste geverg om op te staan teen die diktatoriale bestuur by die SAUK, deur onder meer gesonde debat regstreeks op die lug te verbied.

LEES OOK: Cyril, begin asseblief by die basiese goed

Meneer die president, waarvoor u en my ouers geveg het ten einde demokrasie te verkry, kan sekerlik nie deur hierdie soort inmenging ongedaan gemaak word nie.

Demokrasie

Ons demokrasie is gegrond op openheid en eerlike debat. Ons krag lê in ons diversiteit; natuurlik is ons almal anders. Is dit nie wat die arch (Desmond Tutu) na ons laat verwys het as ’n reënboognasie nie? Iets moois en spesiaals. En ook so waar.

Meneer die president, ek is nie iemand wat die handdoek ingooi nie. Ek gaan nêrens heen nie. Ek sal in my gemeenskap ’n verskil maak hoe ek ook al kan.

Meneer die president, gee my ’n mate van gerusstelling dat ons grondwetlike regte veilig in u hande is.
Sal die samelewing my toelaat? Meneer die president, gee my ’n mate van gerusstelling dat ons grondwetlike regte veilig in u hande is.

Ek wil nie soos ’n ongelowige Thomas klink nie, maar liewe meneer, gee ons ’n positiewe teken waarop ons kan fokus. Thuma Mina, president, Thuma Mina.

Die uwe en die toekoms van ons land,

Liebet Pretorius

  • Liebet Pretorius (20) studeer BA Kommunikasiekunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy spesialiseer in mediastudies, sielkunde en sosiologie. Sy is in Robertson gebore, het skool gegaan in Pretoria en Oos-Londen, en haar gesin woon nou in Bredasdorp in die Wes-Kaap.
  • Hierdie brief is aanvanklik in Engels geskryf en na Afrikaans vertaal. Lees die Engelse weergawe hier.
  • Hierdie brief is 'n inskrywing vir Die Student se Beste Cyril... kompetisie.
Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.