Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Ek het my land lief, al hang die vlag halfstok

Ek onthou nog die dag toe ek besef het hoe oneindig lief ek my land het.

Ek was nege jaar oud en het die kinderweergawe van Nelson Mandela se A Long Walk to Freedom in my klein handjies vasgehou. Die boek was vol tekeninge, wat net bygedra het tot die wonder daarvan, maar dit is die boodskap van die boek wat my bygebly het.

Dit was in hierdie boek dat ek die eerste keer met die volharding van die menslike natuur kennis gemaak het en met die skoonheid van dit waarvoor ’n demokrasie veronderstel is om te staan – geregtigheid, gelykheid en vryheid.

Die fynbos in die Wes-Kaap is een van Suid-Afrika
Die fynbos in die Wes-Kaap is een van Suid-Afrika se skatte. Foto: Unsplash
Benjamin le Roux

Ek het hierdie outobiografie vasgehou, ’n uitvloeisel van die lewende hoop in my hande en ek het geweet dat ek my land lief het. Hoe kan ek nie, die mense is so mooi, so divers, so sterk, selfs al staar die grootste teëspoed hulle in die gesig. Ek glo dit is die tipe liefde wat die toets van tyd sal deurstaan.

Maar in 2020, met ’n wêreldwye pandemie en ons geliefde land se ander kwessies, soos geweld, korrupsie, plaasmoorde, bendegeweld, geslagsgeweld, mensehandel, armoede, verkragting, werkloosheid, deurlopende rassisme en xenofobie, staan ek voor hierdie brandende vraag: Is my liefde vir Suid-Afrika op hierdie oomblik geregverdig?

Is dit die moeite werd?

Van my vriende wat net so lief is vir Suid-Afrika en trots is op die land, wil net wegkom en oorsee gaan bly. Hulle wil ontvlug uit die grap wat Suid-Afrika geword het. Dis jong én ouer mense wat so voel. Is hierdie liefde vir ons land geregverdig?

My enigste antwoord hierop is ’n bevestigende ja. Selfs met alles wat fout is in ons land, probeer ek my bes om na ons land te kyk met liefde. Ek probeer al die foute en gebreke raaksien, en dit liefhê vir wat dit is. Maar ek kan nooit die swakplekke ignoreer nie.

Alan Paton het die boek Cry, the Beloved Country geskryf, en ai, en hoe het ons nie al gehuil nie. Ons was getuies van die slegte dinge en onkunde in ons samelewing. Ons het al gehuil.

Ons het gehuil vir Jesse. En vir Uyinene. En vir Sanelisiwe. En vir Tshegofatso. En vir Courtney, en vir Susanna en vir Tazne. Vir Kirvan, Tracy-Lee en Fetu.

En vir Nathaniel. Die hemel is heeltemal te vol Suid-Afrikaners wat se lewens geneem is deur mans wat nie nee vir ’n antwoord kon vat nie. Die hemel is heeltemal te vol Suid-Afrikaanse engele wie se lewens geneem is deur hulle wat veronderstel was om hulle te beskerm. Nuus van korrupsie, selfs in die tyd van die pandemie, word genormaliseer in ons land. Daar is bloed in die strate, kinders wat honger ly, daar is wydverspreide wreedheid en hartseer.

Maar daar is ook ongelooflike skoonheid in ons land.

Ek het al gelag vir die Idols-oudisies. Ek ken elke woord van Johnny Clegg se liedjie “Cruel, Crazy, Beautiful World”. Ek het al lekker Gatsby’s geëet, ’n tjoppie van die braai af, ’n samoesa, koesisters, stampmielies en boontjies en pap en marog. Ek het al geluister na oom Oubaas se vele gevleuelde woorde.

Long walk to freedom
Long walk to freedom
Long walk to freedom

Ek was so opgewonde oor al die Suid-Afrikaanse stemme op die klankbaan van The Lion King. Ek het al gelag vir Trevor Noah se kwinkslae. En ek het al saam met my vriende vir baie Suid-Afrikaanse memes gelag.

Ek het al die land se warmte, vrygewigheid, vriendelikheid en hoop ervaar. Toe Siya Kolisi en Zozibini Tunzi as die land se hoofseun en -meisie gekroon is, het my hart van vreugde gebars en daarmee saam my vermoë om hierdie land lief te hê. Ek het Suid-Afrika nog altyd liefgehad, en sal tot die dag dat ek doodgaan.

Maar ek weet om ’n Suid-Afrikaner te wees, beteken om uiters trots te wees, maar ook ongelooflik kwaad op dieselfde tyd. Kwaad vir die foute van die regering, sowel as dié van die burgers van die land. Selfs die diepste liefde kan nie bekostig om blind te wees nie.

Dit is ons verantwoordelikheid om ons land se narratief te verander. Dit is ons werk om rassistiese narratiewe en vooroordeel te verwerp. Ons moet onsself en ons kinders opvoed.

Dit is maklik om moed te verloor. Dit is inteendeel heeltemal verstaanbaar dat ’n mens kwaad is oor die toestand van die land. Maar saam met daardie woede het ons ’n verantwoordelikheid om te stry teen rassistiese narratiewe en om toksiese kulture wat lewens kos uit te daag.

Ons het die verantwoordelikheid om empatie te hê. Ons het die verantwoordelikheid om nie die ou vlag te laat wapper nie, selfs al hang ons huidige vlag halfstok.

Hierdie meningstuk is oorspronklik in Engels geskryf. Lees dit hier

  • Flavia Davids studeer regte aan die Universiteit Stellenbosch.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie. 
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook
Meer oor:  Mening  |  2021  |  Studente  |  Suid-Afrika  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.