Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ek het nie ’n man nodig om my selfvertroue te gee nie'

Ek sien dit by my vriendinne en elke ander jong meisie wat my pad kruis.

Ek sien dit in die flieks wat ek kyk, in die boeke en koerantartikels wat ek lees.

Die oeroue begeerte van vroue om erkenning te kry van ’n man.

Nicole van Niekerk
Nicole van Niekerk

Waar ons as jong meisies ook al kyk of gaan, word ons gebombardeer met die idee dat ’n vrou ’n man moet hê om waardig en selfgeldend te voel.

In die proses aanvaar baie van ons maar die mishandeling, verontagsaming en totale misbruik van mans, want ons moet gedurig hoor dat ons nie alleen dinge mag doen nie of dat ons ’n man nodig het om ons te onderhou.

Hierdie is nie een of ander feministiese stuk waar ek my reg as ’n vrou bo die van mans gaan stel nie, inteendeel, ek glo in gelykheid op alle vlakke.

Sophia Kapp stel dit duidelik in haar boek, Kantelpunt.

Die vrou moet op haar eie vlak wees, nie op dié van ’n man nie, maar sy moet dieselfde regte en geleenthede hê as ’n man.

LEES OOK: Die stryd van vrouwees

Sy het nie noodwendig die behoefte om soos ’n man behandel te word of soos een op te tree nie, maar sy wil dieselfde respek van die samelewing kry en soos ’n mens hanteer word.

My vraag aan jou is dus: Hoekom moet daar ’n kantelpunt in ’n vrou se lewe, baie keer ná 40, kom voordat sy haarself die reg toeëien om selfgeldend te wees? Dit terwyl mans van kleins af geleer word om “hul man te staan” en dat hulle die reg het om “te vat wat hulle s’n is”.

Ek pas nie in ’n boks in nie

Ek het onlangs Kantelpunt gelees en ek raai almal aan om hierdie boek te lees.

Kapp trek elke greintjie van wat fout is met ons kultuur uit die fondasies van Afrikaans-wees uit en herbou dit met ’n verruklike en baie realistiese “rebirth of Venus”.

Sy bevraagteken die patriargale en konserwatiewe fondamente van ons samelewing en sy gee bevryding vir dié wat nog nie desensiteer is nie en wat steeds skuldig voel.

Ek het ’n sê oor my lyf en wat daarmee gebeur en ek gaan nie stilbly as ’n man voel hy kan my soos ’n vloerlap hanteer net omdat dit die voorbeeld is wat aan hom gestel is nie.

Hierdie boek het my laat besef dat ek nie ’n lewensveranderende gebeurtenis hoef te ondergaan om my mening te kan lug oor dinge wat my raak nie.

Ek het ’n sê oor my lyf en wat daarmee gebeur en ek gaan nie stilbly as ’n man voel hy kan my soos ’n vloerlap hanteer net omdat dit die voorbeeld is wat aan hom gestel is nie.

LEES OOK: Onthou, sterk vroue sit langs jou

Ek hoef nie terug te staan net om die manlike ego te beskerm nie en ek hoef verseker nie by ’n man te bly net omdat dit die sosiaal aanvaarde en konvensionele ding is om te doen nie.

Ek was nog nooit iemand wat in ’n boks gepas het nie.

Nie altyd maklik nie

Ek moet wel erken, om op 23 die derde wiel te wees is nie altyd lekker of maklik nie, veral nie as van jou vriendinne reeds getroud is nie.

Ek het nie ’n man nodig om my selfvertroue te gee nie.

Ek gaan nie my onafhanklikheid en waardigheid prysgee net om ook ’n post op Facebook te kan maak oor my verloofring met sy groot diamant of sprokiestroue nie.

Ek gaan nie my onafhanklikheid en waardigheid prysgee net om ook ’n post op Facebook te kan maak oor my verloofring met sy groot diamant of sprokiestroue nie.

Ek is dankbaar vir Kapp en die insig wat sy in haar boek gedeel het.

Dit het my weer eens laat besef dat geen rede ooit genoeg sal wees om myself oor te gee aan ’n lewe saam met ’n man wat nie aan my standaarde voldoen nie, nie sosiale druk nie, nie die Pinterest-borde vol trou-inspirasie nie en nie die feit dat ek vir die hoeveelste keer by die singles-tafel moet sit nie.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, in my naïewe, romantiese hart glo ek steeds dat my ridder op sy wit perd eendag gaan opdaag.

Die verskil is, ek is nie van plan om saam met hom op sy perd te ry nie, ek sal my eie perd besit, een wat ek gekies het, en langs hom ry.

As ek af val, sal ek self opstaan, my eie klere afstof en self weer opklim.

  • Nicole Van Niekerk (23) studeer BA Visuele Kommunikasie (Fotografie en Kommunikasie Ontwerp) by die Open Window Institute. Sy het ook ‘n BA graad in Sielkunde en Kriminologie aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy het in Secunda, Mpumalanga groot geword, maar bly alreeds ses jaar lank in Pretoria.
  • Wonder jy wat student oor praat? Lees nog meningstukke hier.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.