Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ek is 'n man én 'n feminis'
Dennis Delport
Dennis Delport

Met die aanstelling van ons land se eerste vroulike hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het ons land nog ’n tree in die regte rigting gegee in die stryd om vroue te bemagtig.

In hierdie skryfstuk sal ek graag gebruik maak van statistieke en sal ek ’n argument formuleer waarom vroue bemagtig moet word in Suid-Afrika.

Streef ons werklik na gelykheid? 

In ’n land waar ons streef na gelykheid is dit ironies dat daar steeds vandag teen vroue gediskrimineer word.

Dit veroorsaak die bewustelike onderdrukking van ekonomiese groei en die bewustelike oneweredige verdeling van hulpbronne.

LEES OOK: Dié vroue, meisies sal nie Vrouedag vier

Die veldtog om vroue te bemagtig, is darem ook nie net sleg nie:

  • Die land spog met ’n gender-loonverskil wat 18de op die Gender Pay Gap Index is.
  • Ons is die beste van al die Brics-lande, sowel as Amerika wat 20ste op die ranglys lê.
  • Wanneer ’n mens die hoë vlakke van diskriminasie teen vroue en swart mense in die verlede in ag neem, is dit belangrik om daarop te let dat, 21 jaar ná die ontstaan van ons demokrasie, 45% van die lede van die Nasionale Vergadering nou uit vroue bestaan. Dit is die derde beste in die wêreld.

My rede vir vroue bemagtiging

Daar is baie ruimte vir verbetering in die veldtog om vroue te bemagtig. Met bemagtiging sal vroue sterk mededing na die tafel kan bring.

Dus is die rede hoekom vroue bemagtig moet word, eenvoudig.

In ’n land waar ons streef na gelykheid is dit ironies dat daar steeds vandag teen vroue gediskrimineer word.

Dit sal positiewe ekonomiese groei vir ons land bring. Positiewe ekonomiese groei het op sy beurt weer ’n positiewe invloed op werkloosheid omdat ekonomiese groei werkgeleenthede sal skep.

Dit is egter belangrik om die historiese agtergrond van gender in gedagte te hou, maar ons mag dit geensins as verskoning gebruik om ekonomiese groei te belemmer nie.

Dit is hartseer dat die realiteit egter is dat nasionale en internasionale markte die bemagtiging sal moet aanvaar – iets wat baie moeilik sal wees.

  • Dennis Delport (21) studeer joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch. Hy kom oorspronklik van Roodepoort in Gauteng.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.